cannes

FOTO Instagram (@blakelively)

Het jy gehoor?

Só het Blake Lively haar bikini-lyf teruggekry!

Die druk op ma’s om ná swangerskap terug te bons na hul oorspronklike figuur is oorweldigend. Maar as dit jou werk is om goed te lyk, soos in die geval van aktrise Blake Lively, moet jy slim planne maak. Goeie gene help ook! 

Glo dit of nie, maar net agt maande ná die geboorte van haar dogter, James, was die aktrise reeds “bikini-reg” vir ’n nuwe rol! Blake moes die rol van Nancy in die rolprent The Shallows vertolk en in die meeste van die tonele dra sy net ’n bikini.

Blake het in 2010 saam met withaaie in Gansbaai geswem. Sy sê dit het haar siening oor die dier heeltemal verander en dié ervaring het haar help voorberei vir die rol.

“Ek was nog altyd bang vir haaie, maar ek het my mening verander nadat ek saam met die diere in hul natuurlike habitat geswem het. Hulle is pragtige en rustige skepsels. Dié ondervinding het my baie met die rolprent gehelp. Toe ons die tonele in die water geskiet het, het ek die haai nie as ’n gewelddadige dier gesien nie, maar as ’n merkwaardige wese wat net wil oorleef. Nes my karakter, Nancy.”

Kyk die voorprent van The Shallows hier:

Blake het in ’n onderhoud op die Australiese radioprogram Kyle and Jackie O Show vertel dat sy vinnig die gewig verloor het deur te oefen en deur gluten en soja-produkte uit haar dieet te verwyder, berig KIIS1065. “Sodra jy soja uitskakel, besef jy dat jy natuurlike en onverwerkte kos eet”, sê Blake oor haar dieet. Sy vertel dit is moeiliker as wat jy dink om soja uit te skakel, aangesien daar soja in byna alle produkte voorkom. “Daar is selfs soja in sekere organiese kos.”

Die 28-jarige sê sy het steeds ’n gebalanseerde dieet gevolg. “Jy moet ’n goeie balans van proteïen, stysel en groente eet. Dit was nie baie erg nie. Ek het steeds rys en sushi geeët.”

A photo posted by Blake Lively (@blakelively) on

Blake en haar man, Ryan Reynolds, se tweede baba is op pad. Kyk net hoe mooi lyk sy op dié foto van haar baba-boep wat sy onlangs op sosiale media gedeel het:

A photo posted by Blake Lively (@blakelively) on

Hier is nog celeb-ma’s wat vinnig die baba-gewig verloor het:

Adriana Lima

A photo posted by Adriana Lima (@adrianalima) on

Heidi Klum

A photo posted by Heidi Klum (@heidiklum) on

Gwen Stefani

A photo posted by Gwen Stefani (@gwenstefani) on

Miranda Kerr

A photo posted by Miranda (@mirandakerr) on

Lees nou

Ons loer in by Desiré Gardner

Trourok-wenke vir die voller figuur

Channing Tatum die nuwe Daryl Hannah