FOTO: Instagram @chrissyteigen

FOTO: Instagram @chrissyteigen

Het jy gehoor?

Het die celeb-selfies nou te ver gegaan?

Sosiale media, en veral selfies, het bekendes die mag gegee om hul private lewe met aanhangers te deel. En soms deel hulle te veel, soos hul mees private oomblikke.

(Waarskuwing: sekere van die foto’s sluit naaktheid in)
 

Die mag van die selfie is bewys deur Ellen DeGeneres se superster-selfie by die Oscars. Toe Suid-Afrikaners die volgende dag wakker word, het dié foto reeds rekords opgestel. Vinnig-vinnig het dit die foto geword wat die meeste nóg her-twiet is. Tot op hede is dit al meer as 3 miljoen keer retweet.  (Lees meer oor dié selfie HIER)

Maar begin celebs nou selfies oordoen? Deel hulle te veel? Hierdie foto’s wat op sosiale media gedeel is, het aanhangers laat sê: TMI! (Too much information).

Chrissy Teigen se kaal-foto

Die model en vrou van musikant John Legend, Chrissy, het dié naak-foto van haarself op haar Instagram-blad gedeel.

FOTO: Instagram @chrissyteigen

FOTO: Instagram @chrissyteigen

Kim Kardashian se swembroekfoto’s

Kim Kardashian het die tonge laat klap toe sy dié foto van haarself verlede jaar op haar Instagram-blad gedeel het. Hiermee het sy gewys hoe vinnig sy gewig ná die geboorte van haar eersteling, North West, verloor het. Dít nadat baie mense haar beledig het oor haar gewig tydens swangerskap en haar klerestyl in dié 9 maande.

FOTO: Instagram @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

Kim het ook dié foto van haarself gedeel in haar jonger suster Kylie se tweestuk nadat Kylie dit die vorige dag gedra het, en op háár (Kylie) Instagram-profiel gedeel het.

FOTO: Instagram @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

Kathy Griffin se sweet-selfie

Die komediant Kathy het dié foto gedeel waar die sweet onder haar arms drooggeblaas word.

FOTO: Instagram @kathygriffin

FOTO: Instagram @kathygriffin

Jessica Simpson se gesigmasker

Die sangeres Jessica Simpson het dié foto gedeel waar sy ’n gesigmasker aanhet.

FOTO: Twitter @JessicaSimpson

FOTO: Twitter @JessicaSimpson

Sy het ook ’n foto gedeel van haar opgeswelde lippe.

FOTO: Twitter @JessicaSimpson

FOTO: Twitter @JessicaSimpson

Jason Biggs se vrou se geboortevideo

Die American Pie-akteur Jason Biggs en sy vrou, Jenny Mollen, het besluit om die geboorte van hul kind op sosiale media te deel – van die motorrit na die hospitaal totdat ons die baba se 10 vinger en 10 tone kon sien.

Hieronder is een van die video’s:

Cheryl Cole se boud-selfie

Die Britse sangeres Cheryl het haar boud laat tatoeëer met ’n roosmotief en dié foto met almal gedeel.

FOTO: Instagram @ladyccole

FOTO: Instagram @ladyccole

Wat dink jy? Gaan sekere bekendes te ver met wat hulle deel? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!