Christina Aguilera
Het jy gehoor?

Só het Christina Aguilera 22 kg verloor!

Die 32-jarige sangeres voel soos n nuwe mens nadat sy 22 kg afgeskud het. Só het sy dit gedoen:

Christina se geheim was eenvoudig: sy het weggebly van haar gunsteling-restaurante en het liewer self by die huis kos gemaak.

’n Bron het aan die Life & Style-tydskrif gesê dat Christina net ’n kopskuif gemaak het: “Sy was vasberade om gewig te verloor, daarom het sy net ophou uiteet. Sy was seker 3 maande laas in ‘n restaurant,” het dié bron gesê. Die vervaardiger van die Amerikaanse realiteitsprogram The Voice, waarvan Christina ook ‘n beoordelaar is, het gesê sy lyk nou vir hom soos ’n professionele atleet.

Kyk hiér hoe lyk die nuwe Christina

Dié ma van een weeg tans 48 kg (sy is maar net 1.57 m lank) en het aan die Amerikaanse kletsprogram The Tonight Show with Jay Leno erken dat sy nóú ongelooflik sexy voel. “Ek voel sexier as ooit voorheen, en ek het nooit te hard probeer om gewig te verloor nie.” Sy noem dit ‘moeitelose sexy’. Christina het nie drasties begin oefen om daardie 22 kg af te skud nie en het eerder haar ekstra tyd aan haar 5-jarige seun spandeer as in die gimnasium. “Wanneer ek moet kies tussen oefening doen en my seun, kies ek elke keer my seun.”

Bron: contactmusic.com