Colin Farrell
Het jy gehoor?

Só het Colin Farrell ophou rook

Die akteur Colin Farrell het aan Men’s Health vertel op watter vreemde manier hy uiteindelik opgehou rook het.

“Ek het ’n afsêbrief aan die ‘gees van tabak’ geskryf. Toe het ek die brief en bietjie tabak in ’n pan gesit, dit met paraffien besprinkel en aan die brand gesteek … Daarna het ek vir twee jaar niks gerook nie.”

E!Online berig verder dat die 39-jarige pa van twee ook gesê het sy seuns (James, 11, en Henry, 5) is sy prioriteit. “Die belangrikste deel van my lewe is ver weg van die kameras af … Wanneer ek by die huis is, is my seuns die belangrikste. Daar is nooit ’n vervelige oomblik nie. Die een dag is hulle mal oor kalkoentoebroodjies en avokado en die volgende dag wil hulle dit nie eens sien nie. Dan moet ek iets anders vind om vir middagete te maak …” het Colin geskerts.

Bronne: E!Online en Men’s Health

Lees ook 

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER