1422978136-oscar_dresses_20141390x3233
Het jy gehoor?

Só het die Oscar-wenners van 1929 – 2014 gelyk

Die Oscars is om die draai! Almal wonder of Leo uiteindelik dié jaar met die beeldjie onder die arm gaan wegstap en of hy weer leë hande huis toe sal moet gaan … tien teen een in die arms van ’n supermodel.

Maar die opwinding oor die aand se rooitapyt-rokke is net so groot! mediarundigital.co.uk het dié pragtige skets saamgestel van al die rokke wat die wenners in die kategorie beste aktrise sedert 1929 gedra het.

Janet Gaynor was die eerste wenner in 1929. Deur die jare was daar 16 wenners wat nie die seremonie bygewoon het nie, onder wie Katharine Hepburn. Sy het tot dusver die meeste Oscars vir beste aktrise gewen – vier van hulle! – en tog het sy nie ’n enkele seremonie bygewoon nie.

Die gunsteling-ontwerper onder dié talentvolle vroue? Armani. Jessica Tandy in 1990 vir Driving Miss Daisy, Jodie Foster in 1992 vir The Silence of the Lambs en Emma Thompson in 1993 vir Howards End.

Kort op Armani se hakke is Dior, Reese Witherspoon en Jennifer Lawrence se keuse toe hulle onderskeidelik in 2006 en 2013 as beste aktrise aangewys is. Reese vir haar vertolking van June Carter in Walk the Line en Jennifer vir Silver Linings Playbook.

Sedert die projek in 2014 gedoen is, het Julianne Moore verlede jaar gewen vir Still Alice. Sy het haar Oscar-beeldjie in ‘n Chanel-skepping gaan haal.

My gunsteling 

Maar vir my is daar een wat uitstaan. Daai een rok wat vir my aanhou wen. Van die oomblik dat ek haar gesien het tot nou, as ek weer na al die rokke kyk.

Julia Roberts toe sy in 2001 gewen het vir Erin Brockovich. Daai swart-en-wit vintage-Valentino.

Watter een kies jy? Was dit dalk Cher se crazy Bob Mackie-rok in 1988 toe sy vir Moonstruck gewen het? Of Gwyneth Paltrow se pienk Ralph Lauren in 1999 vir Shakespeare in Love?

Bron: Daily Mail

Lees nou