Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links)
FOTO: GOOP

Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links) FOTO: GOOP

Het jy gehoor?

Só het Gwyneth en Chris vir hul kinders gesê hul skei PLUS raad van die eksperts

Baie mense was gister verbaas toe hulle hoor dat Gwyneth Paltrow en Chris Martin ná 11 jaar gaan skei. Só het hulle dié nuus aan hul kinders, Apple (9) en Moses (7) gebreek.

Dié paartjie hou op die oomblik vakansie op ’n eiland naby die Bahamas en het glo die nuus hier met die kinders bespreek. Gwyneth het gister dié nuus van hul egskeiding op haar webtuiste bekendgemaak en gevra dat die media asseblief hul kinders se privaatheid respekteer.

Volgens kenners* is dit goed dat hulle saam dié nuus aan die kinders vertel het. Studies wys “goeie” egskeidings het dít gemeen: die afwesigheid van kwaadwilligheid en ’n besorgdheid by albei ouers oor die kinders se welsyn.

Gwyneth kondig aan sy en Chris skei – lees hier wat sy sê

Gwyneth skryf op haar webtuiste, Goop, dat sy en Chris steeds lief is vir mekaar en dat hul kinders hul eerste prioriteit is.

Wat die eksperts sê

Egskeiding kan kinders se wêreld laat verkrummel – tensy julle as ouers dit reg hanteer. Maak jou huis steeds ’n plek waar hulle veilig en gekoester voel, skryf SARIE-joernalis Lydia van der Merwe. *Lees die volledige artikel én wenke van die eksperts HIER.

Bron: Daily Mail