Jennifer in 2013 
FOTO Gallo Images / Getty Images

Jennifer in 2013
FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Só het Jennifer Aniston haar nuwe haarstyl gekry

Chris McMillan is al vir jare Jennifer Aniston se haarstilis – hy is ook verantwoordelik vir haar ikoniese haarstyl, The Rachel. En nou is hy weer die man agter die skêr van Jen se nuwe kort kapsel. Hy vertel aan US Weekly hoe hy die 44-jarige aktrise se hare gesny het.

Chris het Jen se hare aan die agterkant volgens ’n A-lyn  gesny, maar aan die voorkant het hy dit redelik lank gehou – byna soos Victoria Beckham se hare.

Kyk hier na Jennifer Aniston se nuwe haarstyl

Die eienaar van Canale Salon waar Jen se gekleur is, Michael Canale, het aan US Weekly gesê hulle het Jennifer se hare baie natuurlik gekleur. “Ons het nie baie haarkleursel gebruik nie en het haar sagblonde voorkoms probeer hou. Ek het die geel skynsel bo-op haar kop verbloem en die kleur aan die kante daarby laat inskakeer.”

Jennifer en Chris se verhouding

Jennifer vertrou duidelik haar haarkapper baie en hul vriendskap strek al oor byna twee dekades. Chris het onlangs foto’s van hom en Jennifer op sy Instagram en Twitter-blaaie begin deel:

FOTO: Instagram
FOTO: Instagram
FOTO: Instagram
FOTO: Instagram

Jennifer Aniston

Jennifer se kort haarstyl FOTO: Instagram
Jennifer se kort haarstyl FOTO: Instagram

Nóg ’n transformasie

Jennifer het ook aan die begin van dié maand ’n gaatjie in haar oorlel laat skiet saam met haar vriendin en grimeerkunstenaar Gucci Westman (regs).

FOTO: Instagram
FOTO: Instagram

Dit is nie net jou haarstyl nie, maar ook jou haarkleur wat belangrik is. Dit moet by jou velkleur pas. Hier is SARIE se skoonheidspan se wenke om self die perfekte haarkleur tuis te kry:

1. Kies die regte skakering

Kies ’n kleur wat nie meer as twee skakerings donkerder of ligter as jou huidige haarkleur is nie. Só sal jy nie groot skrik nadat jy jou hare gekleur het nie en daar is ’n groter kans dat die kleur soortgelyk aan die een op die boksie sal wees. As jy van donker hare na ligte hare, of van lig na donker wil gaan, moet jy dit geleidelik doen. As jou hare donker is, kan jy dit nie meer as twee skakerings ligter kleur nie, want die ligte kleur gaan nie sigbaar wees op jou donker hare nie. As jy dít wil doen, is dit beter om na ’n haarkapper toe te gaan wat die kleur van jou hare kan verwyder. Kleur jou hare ook geleidelik donkerder. As dit skielik donker is, is jy maklik geskok – en jy kan nie jou hare terugkleur nie.

2. Koop volgens syfers en kodes

Die kleurkodes (gewoonlik drie syfers wat die intensiteit van die skakering aandui) op die verpakking van tuishaarkleur is dieselfde – net die maak en die naam van die kleur verskil, maar die skakering sal dieselfde wees vir al die handelsmerke. Koop dus altyd volgens dié kode! Daar is ook drie vlakke van haarkleur (1, 2 en 3). 1 is tydelike haarkleur wat ná ses tot agt wasse uitwas; 2 is semi-permanente haarkleur en bly vir 28 wasse in jou hare. As jy oor die skakering twyfel, kan jy altyd ’n nommer 1 of nommer 2 koop. As jy dan tevrede is, kan jy dit permanent kleur. 3 is permanente kleur en was nie uit nie, maar kan steeds vaal word. Buitengewone kleure soos helderrooi word gewoonlik vinniger vaal as meer natuurlike skakerings.

Lees meer oor tuishaarkleur hier!

SA model en nuwe ma Minki van der Westhuizen het ook onlangs haar hare in ’n soortgelyke styl as Jennifer s’n gesny.

Minki hare
Minki se korter hare. Haar en Jennifer Aniston se hare is nou in dieselfde styl gesny.
(foto; Instagram)

Ander sterre wat ook onlangs hul hare gesny het is:

Bron: US Weekly

  • Elizabeth Avenant

    Ek verstaan nie as vrouens hulle hare kort sny as dit lank is nie! Ek weet “a change is as good as a holiday”, maar ek is MAL oor lang hare! Dis so vroulik en so mooi!

    • Joubert Zuanne-Marie

      Dit het te doen met ‘n diep begeerte vir verandering, nie net in voorkoms nie. Deur te begin met ‘n metamorfose wat jouself aan betref, bring dit by mense tuis jy bedoel elke woord wanneer jy se: “Ek soek dinge anders!” ‘n Retro haarstyl, na ‘n spanjoel voorkoms laat koppe draai, gee self vertroue en dwing respek af.