Een van Anthony Hopkins se skilderye wat hy op Instagram gedeel het. Dié een se naam is "Ballet on the Sun". FOTO Instagram / @anthonyhopkins

Het jy gehoor?

Het jy geweet dié celebs is ook kunstenaars?

Kyk, sekere mense is net talentvol. Het jy geweet dié bekendes is ook kunstenaars?

George W. Bush

Sy politieke vernuf het dalk nie almal beïndruk nie, maar dié voormalige Amerikaanse president skilder nou – en boonop vir ’n goeie doel. SARIE.com het al berig dat hy in sy vrye tyd skilder (honde is een van sy temas), maar nou verkoop hy ’n boek van sy skilderye en die geld gaan aan ’n organisasie wat veteraansoldate help.

george w bush boek skilder

Die boek, Portraits of Courage: A Commander in Chief’s Tribute to America’s Warriors, bevat 66 olieverfskilderye van oud-soldate en mense wat steeds in die militêre diens is. Dit word op 28 Februarie vanjaar bekend gestel.

Bryan Adams

By hoeveel troues het jy al op “Summer of ’69” gedans? Wel, buiten dat Bryan Adams ’n beroemde musikant is, is hy ’n talentvolle fotograaf met verskeie uitstallings en boeke van sy werk agter sy naam. Exposed, met portrette van bekendes, en Wounded: The Legacy Of War, wat jong soldate wys wat beseer is in Irak en Afghanistan, is van sy boeke.

Hier is hy saam met die Duitse ster-sokkerspeler Oliver Bierhoff (links) by ’n uitstalling in Duitsland.

Sir Anthony Hopkins

Jy wil dalk nie soos dié bekroonde akteur in Hannibal Lecter se kop inklim nie, maar baie mense hou van sy olieverfskilderye.

Die 79-jarige sir Anthony se werk is tans by twee permanente uitstallings in Las Vegas en Palm Springs te sien en hy verdien tot $80 000 (meer as R1 miljoen) per skildery.

Even I'm amazed that I created these. #anthonyhopkinsart

A photo posted by Anthony Hopkins (@anthonyhopkins) on

Alexa Singer

Dié Suid-Afrikaanse eks-model was 16 keer op die voorblad van Vogue. Nou is sy terug in Suid-Afrika en ágter die kamera. Besoek haar webtuiste HIER.

Josie Borain

Nog ’n voormalige Suid-Afrikaanse top-model wat nou agter die kamera is. Josie en haar fotografie het geen bekendstelling nodig nie …

In dié 2013-musiekvideo flits ou beeldmateriaal van haar modelloopbaan verby terwyl ’n grys maar steeds beeldskone Josie selfportrette met ’n selfoon neem. Lees meer oor dié projek HIER.

Besoek Josie se webtuiste HIER.

Bronne: Business Insider, Today, W magazine

Lees nou

10 feite oor foto’s & fotografie

Springbok Jan Serfontein se Lani nou model

Neem só die perfekte selfie