Het jy gehoor?

Het jy geweet dis hoe kiwivrugte groei?

Al ooit gewonder hoe die plante van sekere eksotiese groente- en vrugtesoorte lyk? Kyk hier: 

Kiwiplant

Kiwivrugte groei op digte takke soortgelyk aan wingerdstokke.

Dadel-palmboom

Digte trosse hang in groot bosse aan 'n soort palmboom. Dit word aan die takke ryp voor dit gepluk word.

Brusselse spruite

Groei aan takke uit die grond en sit dig teen die stam.

Keker-ertjies

Die plant van 'n keker-ertjie lyk soos 'n bos en die klein ertjies groei in klein doppies daaraan.

Quinoa-plant

Dié soort graankos groei in digte bosse en die saadjies van die plant is die eetbare deel.