20160630_SosMedia Tips_360x228
Het jy gehoor?

Het jy geweet jy kan dít op Facebook & Instagram doen?

Gelukkige Sosialemedia-dag aan almal! Ter feesviering van een van my gunsteling-tydverdrywe het ek ’n lysie saamgestel van dinge wat jy dalk nie van Facebook en Instagram weet nie.

Skakel jou WiFi aan, sit terug en geniet!

Facebook

1. Jy het nie nodig om Facebook Messenger op jou slimfoon te laai nie

Baie min mense was gelukkig oor die feit dat jy Facebook Messenger moet aflaai om Facebook-boodskappe op jou slimfoon te lees. Ék is een van daardie mense. Jy hoef nie Facebook Messenger af te laai nie. Al wat jy hoef te doen, is om Facebook te besoek via die internet op jou slimfoon. Op iPhone kan jy dan daardie skakel as ’n “shortcut” op jou slimfoon se tuisskerm sit. Sodoende kan jy enige tyd, enige plek Facebook besoek en ook jou boodskappe lees!

Én jy spaar die spasie wat Facebook Messenger sou opneem.

2. Hou interessanthede vir later

Het jy geweet jy kan skakels, video’s, plekke en meer hou om later te lees? Enigiets wat op jou Facebook se tuisblad verskyn, het ’n pyltjie in die regterkantse hoek. Klik daarop en kies “Save for later”. Hierdie inskrywings sal aan die linkerkant van jou Facebook-tuisblad verskyn onder “Saved”.

apps

3. Moet nooit ’n geleentheid van jou gunsteling-ster misloop nie!

Gaan na enige bladsy wat jy volg en klik op “Events”. Die keuse om op hierdie blad se geleenthede te “subscribe” sal dan opkom. Klik op “subscribe” om altyd ingelig te word oor bekendes, sangers of ons wat na jou dorp toe kom.

apps

Instagram

1. Sit meer as een video bymekaar!

Jy het 60 sekondes om mee te maak wat jy wil. Hoekom las jy dan nie sommer vier video’s van 15 sekondes aanmekaar nie? Instagram se videogereedskap raak al hoe beter aangesien die meeste platforms op sosiale media nou op video’s fokus. Voer dus meer as een video op jou Instagram in en sny hulle om op mekaar te volg vir ’n video wat mense twee keer sal laat klik. Jy kan hier lees hoe.

2. Het jy geweet ’n emoji kan agter ’n # staan?

Uiteindelik! Jy kan nou enige emoji gebruik as ’n hutsmerk (hashtag). Kyk net hier:

instagram

3. Skep groepe en stuur foto’s met Instagram Direct

Heel regs aan die bokant van jou Instagram-skerm sal jy die ikoon sien wat soos ’n boksie lyk. Klik hier en gesels direk met ander mense op Instagram. As jy ’n foto sien wat jy met iemand wil deel, stuur dit aan daardie persoon deur op die pyltjie onder die foto te klik.

instagram

Jy kan ook groepe op Instagram Direct skep (soos op WhatsApp), die naam van groepe verander en nog meer! Lees hier vir hulp.

4. “Turn On Post Notifications”

Vanaf Maart het almal begin vrae vra toe Instagram ’n nuwe algoritme (soos dié van Facebook) begin toets het. In Junie is dit geïmplementeer. Hierdie algoritme wil jou help om die foto’s en video’s te sien wat jy graag sal wil sien.

inatagram

Baie mense het versoek dat jy op die 3 kolletjies by hul foto klik en op “Turn On Post Notifications” klik om hul foto’s te sien. Hierdie gaan egter net werk as jou selfoon se Push Notifications gestel is om jou te laat weet van hierdie foto’s. En dit gaan ook nie help om daardie mense se foto’s te sien as jy op Instagram is nie. Al wat gaan gebeur, is dat jy regdeur die dag ingelig sal word van iemand se nuutste foto.

Lees ook meer hier oor hoe jy dit aan- en afskakel.

BRONNE: PopSugar, Teen Vogue, TIME

Lees nou

‘Love, love me do …’ & 10 lekker Beatles-feite

Sperdatums shmerdatums! Só hou jy daarby

Facebook se Mark het in die strik getrap – en jy?