chrisdeburgh_daughter
Het jy gehoor?

Het jy geweet? Sanger Chris de Burgh se dogter was Mej. Wêreld

Vir sewe jaar lank was Rosanna Davison en Wesley Quirke een van Ierland se bekendste paartjies – hy die model-entrepreneur en sy, ‘n oud-Mej. Wêreld (in 2003 gekroon) en die dogter van een van die wêreld se bekendste sangers, Chris de Burgh.

Die twee het pas tydens Rosanna se jaarlikse familie-vakansie met ‘n knoets van ‘n ring op Mauritius verloof geraak. En ja, sy’t ‘n rooi rok aangehad toe Quirke haar op die strand gevra het om te trou.

Volgens Quirke het hy pa Chris se toestemming gevra voor hul op hul vakansie vertrek het.

In September verlede jaar het Rosanna ook ‘n draai in Mauritius gemaak – dié keer vir ‘n sexy fotosessie vir die Duitse uitgawe van Playboy waarvoor sy na bewering ‘n ses-syfer-tjek ontvang het!

FOTO: CHRIS DE BURGH

Chris de Burgh