Het jy gehoor?

Het jy reg geraai? Só het julle stem

Julle het die afgelope op ons meningspeiling gestem en hier’s die antwoorde:

‘n Groot voorkoms-trend vir 2010 is … Gróót hare! 61.2% van julle was in die kol.

Waar in SA hou Elma Postma die graagste vakansie? In die Kaap. Net 25% van julle was reg, die res het gedink sy vlug Bosveld toe…

Charlize Theron se gunsteling kunstenaar is Kandinsky,en nie Claerhout nie (soos 41% van julle gestem het) nie.

Fanie Cronjé se moet-hê-mode-item vir 2010 is ‘n denim-hemp of -baadjie. Dit was byna gelykop tussen ‘n bonkige sonbril en die denim-hemp of -baadjie. (Slegs 7% het geglo dat sykouse ‘n moet-hê item is.)