FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Het Kendall Jenner nuwe liefde gevind op haar verjaardag?

Die bekende model en werklikheidster Kendall Jenner vier vandag haar 20ste verjaardag. Volgens Mirror het Kendall gisteraand ’n partytjie gehou in Los Angeles, by The Nice Guy-klub in Hollywood.

Haar susters Kim, Kourtney, Khloé, Kylie en hul ma, Kris, het die partytjie bygewoon. Ander bekendes op die gastelys was die kletsrymers Kanye West, haar swaer, en Tyga, sowel as die sangers Justin Bieber en Nick Jonas. Kendall se goeie vriendinne die modelle Hailey Baldwin en Gigi Hadid was ook daar.

Gerugte het die afgelope week die ronde gedoen dat Kendall en die Los Angeles Lakers-basketbalspeler D’Angelo Russell ’n paartjie is, maar daar was geen teken van hom by haar partytjie nie. ’n Bron het aan Hollywood Life gesê omdat albei se skedules baie vol is, kan hulle nie baie tyd saam spandeer nie. Sy het Sondag vir D’Angelo langs die basketbalbaan ondersteun.

Kendall se suster Kylie Jenner het dié foto van die partytjie op Instagram gedeel:

Happy birthday Kendall pot pie

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Bronne: Mirror en Hollywood Life

Lees ook