Sarah Jessica Parker in New York se strate. Foto: Ron Asadorian / Splash News

Sarah Jessica Parker in New York se strate. Foto: Ron Asadorian / Splash News

Het jy gehoor?

Het Sarah Jessica Parker Sex and the City 3 bevestig?

Kan liefhebbers van dié romantiese komedie hulle gereed maak vir Sex and the City 3? Wel, aktrise Sarah Jessica Parker het beslis olie op die vuur gegooi oor dié vraag, berig HELLO! 

In ware Carrie Bradshaw-styl hardloop dié 50-jarige aktrise oor die pad, terwyl aanhangers haar afneem.

A photo posted by SJP (@sarahjessicaparker) on

“Wel, die kat is uit die (klein, bruin) sak … Ons sal jou inlig sodra ons kan, maar op die oomblik kan ek nie veel uitlap nie. Tot dan. Xx, Sj,” het die foto se onderskrif gelees.

Dit is nie die eerste keer dat daar sprake is dat Carrie, Samantha, Charlotte en Miranda ons weer op die silwerdoek gaan vermaak nie. Die vervaardiger van die oorspronklike reeks wat op HBO uitgesaai is, Michael Patrick King, het gesê dat hy nog idees vir die storie het: “Ek en Sarah Jessica weet albei wat die finale hoofstuk is … Of dit ooit gaan gebeur, is ’n hele ander vraag.”

Tot dan wag ons maar vir die amptelike aankondiging.

Bron: HELLO!

Lees ook