Die wêreld se eerste kykie na die toekomstige koning van Engeland. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die wêreld se eerste kykie na die toekomstige koning van Engeland. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Gunsteling-babaname + dít is die nuwe trends

Die mees populêre babaname in Amerika vanjaar is geïnspireer deur bekendes en karakters in gewilde televisieprogramme. Prins George se geboorte het natuurlik ook ’n groot uitwerking op nuwe ouers se besluit gehad. Dít is die nuwe trends vir babaname.

George

Kate en William se kleinding het gesorg dat 10% meer seuntjies in 2013 George genoem word en vreemd genoeg, 37% meer meisies as in 2012!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Nóg ’n individu wie se naam ’n invloed gehad het, was Kanye West. Sy eerste naam is 38% keer meer gekies as in 2012 en sy van, West, 22% keer meer as ’n eerstenaam.

Televisiereekse

Breaking Bad

Danksy twee van die karakters in dié gewilde reeks is daar sowat 20% meer Marie‘s en Mike‘s vanjaar.

GirlsGirls

Dié program is ’n tipe Sex and the City-reeks vir die jonger geslag. Die name van die karakters in die program het hierdie jaar al hoe meer op geboortesertifikate begin verskyn. Shoshanna is 67% meer keer gekies as in 2012, Zosia 46% en Marnie 62%.

Duck Dynasty

Dié werklikheidsreeks se matriarg, Korie, het ook ’n invloed op babaname gehad in 2013. Daar is 89% meer Korie’s in Amerika én haar swaer Jason se bynaam, Jase, het ook ouers inspireer om díe naam vir hul seuntjies te gee.

 

‘Indie’-name*

Aktrises met ‘Indie’-name soos Lena Dunham (Girls) en Lake Bell (No Strings Attached) het ook ’n groot invloed gehad. Bell is 67% meer as in 2012 vir baba-meisies gekies.

Miley Cyrus se stout streke het ook nie ouers gekeer om hul meisies Miley te noem nie. Mila Kunis se eerstenaam is ook ’n gunsteling onder ouers.

* “Indie” word gebruik vir ’n kunswerk (hetsy musiek of films) wat onafhanklik van ’n bekende vervaardigingsmaatskappy gemaak word. Deesdae word dit in die volksmond gebruik vir iemand wat onahanklik dink en nie by die status quo aansluit nie – byna soos die hippies van die sestigerjare.
 
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Alec Baldwin FOTO: Gallo Images / Getty Images

Snaakse manne

Manlike komediante se name het ook hierdie jaar voorkeur gekry: Alec (Baldwin), Jimmy (Kimmel en Fallon), Jason (Sudeikis) en Vincent (Vaughn).

Inspirerende mense

Om jou kleinding na ’n inspirerende persoon te noem gaan nog lank in die mode wees. Amerikaners het hierdie jaar Kennedy (25% meer as in 2012), Abraham (20% meer as verlede jaar), Lincoln (11% meer as in 2012) en Barack (48% meer as in 2012) gekies.

JFK

Nóg trends

Bentley, Khloe eerder as Chloe onder die invloed van Khloe Kardashian, Olive (Drew Barrymore én Sacha Baron Cohen, beter bekend as Ali G, se dogtertjies is ook Olive), Giuliana (Rancic), Gemma, Kellan (Lutz) van Twilight, Jax (karakter in Sons of Anarchy), Eloise, Finley vir meisies, Dexter (bekende televisiereeks), Aria (karakter in Pretty Little Liars).

Heinz en Alétte se baba nommer 3 se naam is ….

Tydens ’n onlangse meningspeiling van die ouerskap-webtuiste BabyCenter is daar ’n hele paar ouers wat heeltemal van die familiename afwyk en liewer verkies om hul kinders meer gewilde en “alledaagse” name te gee. Dít is hul top-10-gunsteling-babaname vir 2013:

           Dogtertjies                                                 Seuntjies                                           

Babaname

SA bekendes se kinders se name:

  • Bobby van Jaarsveld se twee seuntjies: Sion & Leben
  • Klein Pierre Spies dra sy rugbyspeler-pa se name
  • Chereé en Wynand Strydom se pienkvoet is Bella-Joy
  • Heinz Winckler en sy vrou Alétte: Lian (3) Simeon (1) en hul derde seuntjie wat vroeg volgende jaar gebore word, Reuben
  • Nianell se drieling-dogterjies se name is Tayden, Kaeley en Jade
FOTO: Nianell saam met Tayden, Jade en Kaeley

FOTO: Nianell saam met Tayden, Jade en Kaeley

Om die perfekte naam vir jou baba te kies, kan omtrént ’n nagmerrie wees wat so maklik in ’n familietwis en kopkrappery ontaard – dit is tog die enigste ding wat jou kind sy lewe lank met hom gaan saamdra. Maar net voordat jy die berge wil inhardloop, baba-maag en al, lees eers dié riglyne. Dit kan dalk nét jou besluit makliker maak:

  • Is familiename vir julle belangrik?
  • Wil julle ’n kombinasie van ma en pa se name hê?
  • Hoeveel doopname moet die baba hê?
  • Is die betekenis van ’n naam vir julle belangrik?
  • Spel die naam maklik?
  • Is die naam verwarrend?  Bv. Tristan kan maklik verwar word met Kristen.
  • Taal is belangrik – ’n Afrikaanse gesin sal bv. ’n Afrikaanse naam verkies.

Bronne: BabyCenter, Huffington Post

Hoe het jy jou kinders se name gekies of hoe beplan jy om dit te kies? Vertel vir ons! Deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad of lewer kommentaar in die boksie hieronder.