167523707
Het jy gehoor?

Híér gaan Kate geboorte skenk

Kate Middleton gaan in een van die privaat suites van die St. Mary’s Hospitaal in Paddington aan haar en William se eersteling geboorte skenk.

Hoewel die geslag van die baba reeds wyd bespiegel word, weet die prins en hertogin glo glad nie of hulle of ‘n dogtertjie of ‘n seuntjie verwag nie. Die geboortedatum van die baba is ook nie bekend nie, hoewel 13 Julie volgens berigte aangewys is as dié dag.

William hoop om aan Kate se sy te wees, want hy gaan glo in daardie tyd op diens wees in Anglesey. Nuusbronne het onlangs berig dat die baba dalk 10 dae vroeër gaan kom, met ander woorde 3 Julie.

‘n Mediese span sal aan Kate se sy wees sodra sy opgeneem word en die koningin se voormalige ginekoloog, Marcus Setchell, sal die baba vang.

Só lyk die babakamer

Kate en prins William