Het jy gehoor?

Hiér hou Rian van Heerden vakansie

Gunsteling-vakansieplek in SA? Kaapstad.

Buite SA? San Francisco, as gevolg van die wonderlike diversiteit.

Vakansie is volmaak saam met iemand vir wie jy die liefste is.

My beste vakansie-herinnering is om skuins ná sonsondergang in New York aan te kom en ‘n pizza te gaan soek vir aandete.

Lekkerste kos tydens ‘n vakansie? Mexikaans by die restaurant Guaymas in San Francisco.

Wat pak jy in vir vakansies? So min as moontlik… om plek te los vir aandenkings.

Plek wat jy die graagste wil besoek? Tibet, vir die ongelooflike spiritualiteit van die plek.