iStock_000022533493Large(1)
Het jy gehoor?

Hier is SA se top-10 YouTube-video’s vir 2013!

YouTube het ons wêreld soveel kleiner gemaak. Fantastiese video’s wat ons laat lag, huil én inspireer word binne sekondes op die internet gelaai en vinnig daarna internasionaal versprei.  Dié video’s wat sensasies word (viral gaan) wys net weer dat maak nie saak wie jy is en waar jy woon nie, ons almal het menslikheid gemeen.

Hierdie is die top-10 video’s wat die meeste Suid-Afrikaners in 2013 gekyk het. 

Let asseblief op van dié video’s mag ’n ouderdomsbeperking hê.
 

1. Ongeluk in Pinetown

Dié gru-ongeluk in Pinetown in KwaZulu-Natal het ons weer opnuut laat kyk na ons verkeerswette. Daar is ongeveer 27 mense oorlede in dié ongeluk waarin ’n vragmotor en verskeie motors betrokke was.

2. The Fox-fenomeen

Die groep Ylvis van Noorweë het dié video The Fox in September vanjaar bekendgestel. Binne 3 maande het byna 3 miljoen mense daarna gekyk.

3. Snaakse Halls-advertensie

Suid-Afrikaners het geskaterlag vir die komiese Halls-advertensie oor Klein Kimmie…

4. Natuurvideo

National Geographic het dié natuurvideo op YouTube gedeel. Wêreldwyd het byna 37 miljoen mense daarna gekyk.

5. Dís hoe diere eet

6. Jong ‘dief’

7. Jy’s mooier as wat jy dink! 

Dove het onlangs ’n veldtog You are more beautiful than you think-veldtog op die been gebring.

8. Vlieg hoog! 

British Airways het dié video as bemarkingsmeganisme gebruik om hul nuwe vlugte te adverteer.

9. Terreur in Kenia

Die terreuraanval in ’n winkelsentrum in Kenia, het wêreldwyd opslae gemaak.

10. Motorfiets

Dié video van ’n pa wat met sy dogter op sy motorfiets gejaag het, het baie reaksie uitgelok.