eennommerkleiner_310w
Het jy gehoor?

Hier is sy: Ons Een Nommer Kleiner-wenner

In Mei het ons vir lesers die uitdaging gestel om Mariza van BeterEet™ se ‘Een Nommer Kleiner’-program te volg en só ‘n gesonder leefstyl te volg. Amoré Henning van Bloemfontein het dié uitdaging aanvaar en is die SARIE-wenner! Hier is haar storie:

“My storie begin in Julie 2012. Ek het besluit om op te hou dieet en eerder ‘n gesonde leefstylplan te begin volg. Ek het opgelees oor gesonde keuses, vir my ‘n plakboek gemaak en my koskas se inhoud daarvolgens aangepas.

amore_henning_vollengte_foto_14_11_2011_dcfc0007_300w

VOOR Een Nommer Kleiner met SARIE.com en Betereet

‘n Kosbare vriendin het eendag ná sy die skaal oorwin het vir my gesê: ‘Ek was moeg vir die vrou agter my’. Dít is presies hoe ek ook gevoel het.

Ek het vir my ‘n Orbitrek [oefenmasjien] gekoop en begin step. Ek het gesond geëet en daagliks geoefen – en ek het wonderlik gevoel! Die kilogramme het begin wegsmelt en die sentimeters het verdwyn.

Toe Mariza van BeterEet™ en SARIE.com hul uitdaging begin, was dit net wat ek wou hê. Ek móés dit net doen. Op daardie tydstip het ek reeds 17 kg verloor en het ‘n plato bereik waar ek niks kon doen om dit te breek nie. Ek was baie naby aan opgee en het vir myself gesê jy kan nie al die harde werk van 5 maande nou weggooi nie. Daarom het dié uitdaging net op die regte tyd gekom.

bloemfontein_20121002_00658_300w

NA Een Nommer Kleiner met SARIE.com en Betereet

Ek het elke week uitgesien na die volgende nuwe riglyne. En wanneer Mariza iets genoem het wat ek reeds gedoen het, was ek baie opgewonde omdat dit iets was wat ek reeds reg doen. Dít het my baie bemoedig.

Ek het baie gehou van die detoks-sop, die green stuff (soos in die TV-advertensie van die klein dogtertjie wat dink haar pa is ‘n ruimtewese) en behalwe dat dit lekker is, werk dit ook! My lekkerste was die nachos met avokado en salsa, want skyfies is my swakte.

Mariza se daaglikse aanmoediging op facebook was vir my baie kosbaar. Só kon ek die hele 6 weke die BeterEet™-program saam met SARIE.com volg. En was dit nie heerlik om ‘n langbroek te koop wat ‘n nommer kleiner is nie!

My motto vir die 6 weke was: ‘If someone says you can’t do it, turn around and say watch me!’

En dít is my storie, ‘n nuwe ek, ‘n gesonder ek!

Baie dankie aan SARIE.com en Mariza van BeterEet™! Julle het dit moontlik gemaak en my geleer dat dit heerlik kan wees om ‘n gesonde leefstylplan te volg. Ek voel nou letterlik siek as ek iets eet waaraan my liggaam nie gewoond is nie.”

*Amoré het ‘n geskenkbewys van R2 500 van die SARIE-winkel gewen om haar Een Nommer Kleiner-lyf te vier, asook ‘n nuwe BlackBerry.