FOTO: Twitter  aplusk

FOTO: Twitter aplusk

Het jy gehoor?

Hierdie bekendes het op stel verlief geraak

Hollywood-sterre vind dikwels hul happily ever after op die stel van films en televisiereekse. Hoewel dié liefdes nie noodwendig altyd hou nie, het dit steeds ontstaan uit werkverhoudings wat in romantiese verhoudings ontaard het.

Hierdie bekende paartjies het mekaar op stel ontmoet:

Ashton Kutcher en Mila Kunis: Dié akteurspaartjie is pas getroud en het mekaar destyds op die stel van That ’70s Show ontmoet. Volgens People is dit ook hier waar hulle mekaar die eerste keer gesoen het.

 

Ashton Kutcher en Mila Kunis FOTO: Instagram (@kunismilena)

Ashton Kutcher en Mila Kunis
FOTO: Instagram (@kunismilena)

Brad Pitt en Angelina Jolie: Brad Pitt het vele harte gebreek toe hy sy verhouding met Jennifer Aniston verbreek het ná hy op die stel van Mr & Mrs Smith sy hart op Angelina Jolie verloor het.

 

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ben Affleck en Jennifer Garner: Ongelukkig is dié glanspaartjie se huwelik ná tien jaar op die rotse, maar hulle het mekaar oorspronklik op die stel van Pearl Harbor leer ken. Volgens USMagazine het hulle eers daarna verlief geraak, op die stel van Daredevil.

Ben Affleck en Jennifer Garner

Ryan Reynolds en Blake Lively: Die paartjie het in 2012 afgehaak en hul eersteling is onlangs gebore. Volgens USMagazine het hulle mekaar op die stel van Green Lantern ontmoet.

 

Blake Lively en Ryan Reynolds FOTO: Getty Images for L'Oréal Paris

Blake Lively en Ryan Reynolds
FOTO: Getty Images for L’Oréal Paris

Bronne: USMagazine en People.

Lees nou