FOTO Instagram / @hughjackman

FOTO Instagram / @hughjackman

Het jy gehoor?

Dié Hollywood-paartjies is al jare saam

Verhoudings in Hollywood hou gewoonlik nie lank nie. En dikwels duur dit net ’n paar maande voor die bekendes se paadjies skei.

Al stel jy nie belang in die doen of late van bekendes nie, sal jy weet dat Brangelina iets van die verlede is. Ná 2 jaar van getroud wees het die Oscar-wenner Angelina Jolie besluit om van Brad Pitt te skei. Die paartjie het in 2014 ná 10 jaar saam besluit om Meneer en Mevrou Brad Pitt te word.

via GIPHY

Maar daar is ’n paar uitsonderings. Bekendes soos Tom Hanks, Meryl Streep en Kevin Bacon se verhoudings staan ná al die jare steeds sterk.

Dié bekendes is al vir jare saam:

Tom Hanks en Rita Wilson

Die Oscar-wenner Tom en die aktrise Rita is al vir 28 jaar getroud. En saam het hulle twee kinders.

 

Meryl Streep en Don Gummer

Aktrise Meryl Streep en die kunstenaar Don Gummer is al vir 38 jaar getroud. Hulle het vier dogters en een seun.

 

Sarah Jessica Parker en Matthew Broderick

Die akteurs is al vir 19 jaar getroud en het drie kinders.

Goldie Hawn en Kurt Russell

Hulle is nooit getroud nie, maar die afgelope 33 jaar is die twee ’n paartjie.

Denzel en Pauletta Washington

Die Oscar-wenner en sy vrou is al vir 39 jaar ’n paartjie.

 

Hugh Jackman en Deborra-Lee Furness

Die paartjie is in 1996 getroud en het twee aangenome kinders.

 

Colin Firth en Livia Giuggioli

Dié Engelse Oscar-wenner is al vir 19 jaar met sy Italiaanse vrou getroud. Hulle het drie kinders.

 

Oprah Winfrey and Stedman Graham

Oprah, die koningin van klets, is al vir 30 jaar in ’n verhouding met dié sakeman.

 

Kevin Bacon en Kyra Sedgwick

Die paartjie praat nie sommer oor hul verhouding van 28 jaar nie. Hulle het ’n seun en ’n dogter.

Lees nou

RSG se Martelize nou aktrise

Akteur Emmanuel Castis gesels uit Hollywood