Het jy gehoor?

Die vriendekring: Hollywood + koninklikes

Sedert Ashton Kutcher verlede jaar sy plek op een van sir Richard Branson se Virgin Galacticruimtetuie geboek het, is hy en Dave Clark, wat by dié projek betrokke is, groot vriende. Dave is die kêrel van prinses Beatrice, die 24-jarige dogter van prins Andrew en Sarah Ferguson.

Toe Ashton en sy meisie, Mila Kunis, verlede maand saam met Beatrice en Dave in Londen geëet het, het almal gedink dié Britse paartjie verwelkom net die Amerikaanse akteurs. Ashton en Mila is sedert April in Londen waar Mila besig is om Jupiter Ascending te verfilm. 

Ashton Kutcher

Maar sedertdien is die vier weer saam gesien. Die afgelope naweek het Mila en Ashton na Nice gevlieg om saam met hul nuwe vriende op die luukse eiland St Tropez uit te span. Daarna het hulle verder op die seiljag gaan kuier waarop Beatrice en Dave vakansie hou.

‘n Bron het glo vertel dat die vriendskap tussen Ashton en Dave nie oppervlakkig is nie. “Sedert Ashton gekies is om die 500ste persoon te word om die ruimte in te vaar, is hulle groot vriende. Hulle kom regtig goed oor die weg.”

Mila is blykbaar baie beïndruk met die koninklike familie en respekteer hul tradisies en gewoontes. “Vir haar, wat die hele troue van Kate en William op televisie gekyk het, is hierdie vriendskap iets spesiaals,” berig die Daily Mail.


Bron: Daily Mail