aktrise

FOTO Instagram (@lesliefremar)

Het jy gehoor?

Charlize lei stryd vir gelyke betaling – en wen!

“I’m from a farm in South Africa. This is insane,” sê Charlize met haar Golden Globe-wen in 2004. Min het sy geweet dat sy nog as “Afrika-plaasmeisie” in Hollywood se voorste linie sou veg vir gelyke betaling vir vroue.

Dit is nou al 2016 en steeds word mans meer as vroue betaal. En nie net die bekendste vroue van Hollywood nie, maar ook “gewone” vroue in byna alle beroepe wêreldwyd.

Dié bekendes baklei teen die onreg van ongelyke betaling op grond van geslag.

Charlize Theron

Afrika se goue meisie Charlize stel haar saak duidelik in salarisonderhandelings: waarom moet sy minder as haar manlike medesterre verdien? Vir haar rol in Snow White and the Huntsman het sy presies dieselfde betaling as Liam Hemsworth gekry.

Ná e-posse van Sony Pictures in 2015 uitgelek het waarin dit duidelik is dat aktrises vir groot films minder geld as hul manlike eweknieë kry, was Charlize een van die eerste sterre om te reageer.

“[Ons] is net so goed soos enige van die manne daarbuite … Ja, dít maak my gatvol!” vertel sy verlede jaar aan die Britse Elle.

Dis ’n goeie tyd om by ’n plek van regverdigheid uit te kom.

- Charlize Theron

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Charlize Theron verken haar donker kant

(Hoe lekker is dit om weer Charlize se Oscar-toespraak te hoor! Kyk en luister saam – klik HIER!)

Ander aktrises soos Robin Wright, Patricia Arquette, Jennifer Lawrence, Meryl Streep en Julia Roberts sluit hulle aan by Charlize in die geveg vir gelyke betaling. Ook akteurs soos Bradley Cooper steun die vroue se stryd.

Cate Blanchett se nuwe rol

Robin Wright

vroue

Robin dring daarop aan dat sy en haar medester in die gewilde reeks House of Cards, Kevin Spacey, dieselfde betaling kry. Sy het in 2015 ontdek dat sy sowat $80 000 (sowat R1,3 miljoen) minder as hy per episode verdien, berig The Guardian

Sy het die vervaardigers toe gedreig dat hulle dit moet aanpas – so nie, gaan sy dít in die openbaar aankondig (wat sy verlede week toe in elk geval gedoen het).

Robin het gevoel sy kan aanspraak maak op dieselfde salaris, want haar karakter, Claire Underwood, was volgens statistieke vir ’n sekere tydperk gewilder as Kevin s’n.

Patricia Arquette

Patricia Arquette het verlede jaar opslae gemaak met haar Oscar-toespraak waarin sy dié kwessie aanpak. (Sy het die Oscar vir beste ondersteunende aktrise gewen vir haar rol in Boyhood.)

Sy het gesê:

“To every woman who gave birth, to every tax payer and citizen of this nation: We have fought for everybody else’s equal rights. It’s our time to have wage equality once and for all and equal rights for women in the United States of America!”

Verskeie webtuistes beweer nou dat dié toespraak haar loopbaan skade berokken het. Patricia self sê sy is baie opgewonde oor die beleidsveranderinge wat wel al in die VSA plaasgevind het in die stryd om gelyke betaling vir vroue, maar haar eie loopbaan trek swaar ná die toespraak.

Filmvervaardigers weet nou hulle sal haar net soveel as haar manlike byspelers moet betaal, of dat sy ten minste die gesprek oor betaling gaan hê, daarom glo Patricia dat hulle haar nie eens oorweeg vir rolle nie.

Julia Roberts

Hollywood weet hulle sukkel nie met Julia Roberts oor geld nie. Julia was die eerste aktrise wat $20 miljoen (R315 miljoen) vir ’n film gevra en dit gekry het (vir Erin Brockovich).

In ’n onderhoud met New York Times noem Julia vir Barbra Streisand en Faye Dunaway as haar rolmodelle. Hulle het ook hul voet neergesit en gesê dat hulle ook dieselfde as hul manlike eweknieë moet verdien.

Julia glo jy kan nie op grond van jou geslag beoordeel kan word nie, maar op grond van wat jy kan doen. Dít behoort die maatstaf vir betaling te wees.

By vanjaar se Golden Globe-toekennings. FOTO: Gallo Images / Getty Images

By vanjaar se Golden Globe-toekennings. FOTO Gallo Images / Getty Images

Jodie Foster is die regisseur van Money Monster, met Julia Roberts en George Clooney in die hoofrolle. Onlangs by Cannes is Jodie gevra oor Julia en George se betalings, maar die gesprek het sommer ongemaklik geraak. Nou is die wêreld nuuskierig. Kyk die onderhoud hier:

Julia Roberts kaalvoet op rooitapyt

Jennifer Lawrence

Ná Sony se e-posse in 2015 gelek het, het Jennifer Lawrence en Amy Adams gesien hoeveel minder geld hulle as die manlike akteurs gekry het vir American Hustle. Bradley Cooper, Christian Bale en Jeremy Renner is baie meer betaal vir hul werk aan dieselfde trefferprent.

Daarna het Jennifer in ’n Lenny Letter, Lena Dunham van die TV-reeks Girls se nuusbriewe, verduidelik hoe sy voel oor die onthulling. Sy het haar sterk uitgespreek teenoor diegene wat dink dis reg om vroue minder as mans te betaal in dieselfde beroep.

Natuurlik het sy ook nie weer die fout gemaak nie. Vir haar nuutste film, Passengers, het sy ’n vergoeding van $20 miljoen (R315 miljoen) beding.

Jennifer Lawrence. FOTO: Getty Images (Jon Kopaloff/FilmMagic)

Jennifer Lawrence. FOTO Getty Images (Jon Kopaloff/FilmMagic)

Emma Watson

En laastens, as jy nog nie Emma se toespraak voor die Verenigde Nasies in 2014 geluister het nie, doen dit nou. Sy veg in die voorste linie vir gelyke regte vir vroue.

Meryl Streep se applous tydens Patricia Arquette se toespraak by die Oscar-aand som presies ons gevoel oor dié vroue op:

BRONNE: The Guardian, The Business Insider

Lees ook

Charlize Theron steel kollig by Cannes

5 wenke om kop te hou as geldsake knyp