Kurt Darren en sy swanger vrou, Dunay, by die SAMA's vroeër vanjaar FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Hierna sien Kurt Darren uit as hy eers pa is …

Wipplank-maande. Sy ongeluk en doodsdreigemente ná sy optrede by pres. Zuma se inhuldiging. Maar toe, ’n eerste baba wat op pad is … Kaptein Kurt sê hy was nog nooit so gelukkig soos nou nie.

Kurt gesels met SARIE-joernalis Gloria Cilliers in die Oktober-uitgawe van SARIE oor die afgelope paar maande se gebeure in sy lewe. En die een ding waarna hy die meeste uitsien, is die koms van sy en Dunay se eersteling.

Kurt Darren en sy vrou, Dunay, is opgewonde vir hul eersteling se koms. Hier is hulle by die SARIE Voorbladgesig 2014-funksie FOTO: Phyllis Green

Kurt Darren en sy vrou, Dunay, is opgewonde vir hul eersteling se koms. Hier is hulle by die SARIE Voorbladgesig 2014-funksie
FOTO: Phyllis Green

Waarna sien jy die meeste uit van pa word?

Ons eerste dans, met haar voetjies op myne. Ek wil my dogtertjie grootmaak met goeie maniere. Ek gaan meer verskonings soek om by die huis te bly. Dit beteken egter nie ek gaan vertonings afskaal nie. Dunay sal dit nooit van my verwag nie.

monique sutherland voorbladgesig oktober oktLees wat sê Kurt nóg oor sy eersteling, sy oog, die doodsdreigemente, en sy volgende projekte (dalk Kurt die akteur!) in die nuutste SARIE – nóú op die rak!

Laai ook jou SARIE digitaal af en lees op jou rekenaar, slimfoon of tablet.

 

 

Lees ook