Het jy gehoor?

Hier’s die Kanna -wenners

Die KKNK het Vrydagoggend (10 April) hul beste kunstenaars bekroon tydens ‘n glansgeleentheid op ‘n wildsplaas buite Oudtshoorn. Hier’s die wenners.

SARIE-Kanna vir beste vroulike kunstenaar: Sandra Prinsloo (Die Naaimasjien)

Kanna vir beste manlike kunstenaar: Chris Cameleon (Driekuns)

Herrie-Kanna-gewildsheidsprys: Die Naaimasjien

Kanna vir beste regie: Martinus Basson (Die blou uur)

Kanna vir beste produksie: Die blou uur

Kanna vir beste KKNK-debuutwerk: Kevin Volans (vir sy komposisie Piano Trio)

Slurpie-Kanna vir die beste opkomende kunstenaar: Megan Geoffrey Prins (‘n solis in die Universiteit van Stellenbosch se simfonie-orkes.

Spesiale Kanna vir vernuwende denke: Reza de Wet (bekroonde dramaturg)

Spesiale Kanna vir klassieke musiek: Mimi Coertse

Kanna vir Afrikaans onbeperk – lewensbydrae: prof. Johan Degenaar