SARIE Toets

Het jy gehoor?

Hier’s die SARIE-span se droom-werksplek!

Kom haal asseblief ons tradisionele lessenaars, ons soek nou trapmeul-lessenaars! En ons is nie alleen nie – bekendes is ook mal daaroor. Pieter Hugo, SARIE se projekbestuurder, het besluit om hierdie nuwe werksgier te ondersoek, en Cara Rademeyer, ons produksiekoördineerder, het dit getoets. Hier’s wat jy moet weet:

Hoe meer jy by die werk sit, hoe ongesonder raak jy en hoe groter jou risiko vir diabetes en hartsiekte – twee van die mees algemene oorsake van sterftes. Die verwantskap tussen ’n werk waar jy heeldag agter ’n lessenaar sit en ’n ongesonde leefstyl word algemeen deur gesondheidskenners erken.

Jy hoef egter nie deel te word van hierdie ontstellende statistieke nie, want die era van die trapmeul-lessenaar is hier! Hierdie werkswyse word vurig deur bekendes soos Victoria Beckham ondersteun, wat dié idee as “geniaal” beskryf.

Joanna Coles, die hoof-inhoudsbestuurder van Hearst Magazines en redakteur van Cosmopolitan, is ook ’n groot voorstander van die trapmeul-lessenaar.

A post shared by Joanna Coles (@joannacoles) on

Volgens die Daily Mail se webtuiste is daar al meer as 50 000 van hierdie masjiene in Amerika verkoop en die vraag daarna styg ook skerp in Engeland. As mens na die gesondheidsvoordele daarvan kyk, is dit nie verbasend nie. ’n Kantoorwerker kan maklik tot 140 000 tree ’n week op die trapmeul gee. Mense wat die trapmeul-lessenaar gebruik, merk op dat pyn in hul laer rug aansienlik verbeter en jy verbrand ook uiteraard meer kilojoules.

Ons het gaan inloer by Walk & Work in Kaapstad wat die trapmeul-lessenaar in Suid-Afrika versprei. Cara het stewels en al die lessenaar van die toekoms vir ’n toetslopie geneem:

Sal jy so ’n  lessenaar wil gebruik?