FOTO: Unsplash

Het jy gehoor?

Die wêreld se aansteeklikste oorwurm is …

Die wêreld se grootste oorwurm is Lady Gaga se “Bad Romance”! Só het ’n groep navorsers aam die Durham-universiteit uitgevind. Wat is ’n oorwurm? ’n Oorwurm is ’n liedjie wat in jou kop vassteek nadat die deuntjie ophou speel het, berig Sky News.

Volgens ’n studie van die Universiteit van St. Andrews is daar ’n wetenskaplike formule wat bepaal of ’n liedjie aansteeklik gaan wees of nie.

Die navorsers het bevind dat vyf kenmerke ’n liedjie ’n oorwurm maak. Dit is hoe jy oor die liedjie voel, die voorspelbaarheid van die liedjie, ’n verassende element, die melodie, ’n onvergeetlike liriek en ’n herhaaldelike ritme.

Vandag by die SARIE-kantoor die Glenys Lynne se “Ramaja” in ons koppe vasgesteek. Dié 1976-treffer is besonders moeilik om te vergeet:

Hier is ’n nog paar van die wêreld se grootste “oorwurms”:

Lady Gaga – “Bad Romance”

Kylie Minogue – “Can’t Get You Out Of My Head”

Journey – “Don’t Stop Believin’ “

Gotye – “Somebody That I Used to Know”

Maroon 5 – “Moves Like Jagger”

Pharrell Williams – “Happy”

Carly Rae Jepsen – “Call Me Maybe”

Taylor Swift – “Shake it off”

Queen – “Bohemian Rhapsody”

Watter liedjie is vir jou die grootste oorwurm?