swanepoel
Het jy gehoor?

Hier’s hulle! Ons semi-finaliste vir Matriekrok van die Jaar (Deel 4)

Jonk, mooi en met die toekoms wat roep. Die matriekklas van 2015 het ons weer eens beïndruk met hul matriekafskeidrokke.

Hier is ons laaste groep van 11 van die 44 semi-finaliste vir 2015 se Matriekrok van die Jaar-wedstryd.

(Kyk hier na die vorige groep semi-finaliste)

Jua Greeff, Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria (Affies)

“Ek het vir myself soos Coco Chanel gelyk, ‘n mode-ikoon. Die swart-en-wit het my dadelik aan haar laat dink omdat dit haar gunsteling-kleure was en omdat sy gesorg het dat dié kombinasie nooit uit die mode sal gaan nie, maar altyd klassiek en tydloos sal bly.”

jua

Dané Smit, Augsburg Landbougimnasium

“My ouma het vir my ’n pragtige wit handsakkie gegee waarop elke kraletjie vasgewerk was wat sy by haar matriekafskeid in 1954 gedra het. Dit was so ekstra-spesiaal! Die blommetjies op die materiaal beskryf my spontane persoonlikheid & my eenvoudige, unieke styl. Die rok het my so ongelooflik mooi laat voel en het my laat straal op my spesiale aand!”

dane

Luanet du Plessis, Hoërskool Fichardtpark

“Ek het die rok gekies omdat dit iets meer van myself vertel – dis sag en elegant, nie te veel detail nie, ook nie te min nie. Ek wou ook nie soos elke liewe ander meisie lyk nie.”

luanet

Juanita Swart, Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

“Toe ek vroeër hierdie jaar gevra is om my styl te verwoord, was my antwoord as volg: ‘Ek glo dat styl ‘n manier is om te sê wie jy is, sonder om ’n woord te praat. Ek beskryf my styl as ongekompliseerd, tog elegant en gesofistikeerd.’ Daarom versinnebeeld my rok alles waarvan ek hou – stylvol, tydloos en elegant.”

juanita

Antoinette Weerheim, Hoër Volkskool Heidelberg

“Ek was nie lus vir hierdie regte ‘matriekafskeid-hare’ nie, ek wou nie pêrels in gehad het, of krulle nie, ek wou anders wees. Ek het in ‘n impulsiewe oomblik my ruglengtehare in ‘n lang bob gesny en dit net reguit gemaak. Met my bloedrooi naels, en my bloedrooi lippe, my unieke handsakkie en die pragtigste rok het ek my aand ten volle geniet.”

weerheim

Danielle Swanepoel, Sentraal Hoërskool

“Ek wou graag ‘n rok hê wat sal uitstaan, wat klassiek is en by my as persoon pas.”

swanepoel

Lauriska-Leigh Olivier, Piet Potgieter

“Die rok was perfek! Ek sal altyd onthou van my perfekte aand met my perfekte rok.”

lauriska

Alri Vorster, Hoërskool Sentraal, Bloemfontein

“Van een ding was ek heeltemal seker … my rok moes sag, vleiend en klassiek wees en ek moes soos myself daarin voel.”

alri

Line Becker, Hoërskool Overkuin

“Die unieke neklyn en een lang mou beeld my unieke persoonlikheid uit. Die mou het die effek van ‘n handskoen.”

line

Jean-Mari du Preez, Hoërskool Cradock

“Op die dag van die matriekafskeid het dit gereën, en ek, my sandale, en my beige rok is deur modder en op lusernbale. Saam het ons die dansbaan geopen en laataand na die Karoo-sterre op die plaas gekyk. Ek en my droomrok.”

jeanmari

Chanté van Aswegen, Hoërskool Transvalia

“My rok was absoluut stunning en sou my nie in ‘n ander rok kan indink nie.”

aswegen

Kyk hier na die eerste, tweede en derde groep semi-finaliste.