credit_kyknet
Het jy gehoor?

Hier’s Molly en Wors

Hulle is ’n disfunksionele gesin wat net probeer oorleef in die huidige Suid-Afrika. Só het ons vir Molly en Wors en hul kinders, Vaatjie en Blapsie, leer ken in die fliek Poena is Koning.

Vanaf April kuier die Venter-gesin weekliks in jou voorkamer. Ja, Willie Esterhuizen se Molly en Wors het hul eie sitkom gekry! Dis Married with children, maar in Afrikaans, sê Haddad Viljoen, bemarkings- en publisiteitsbestuurder van kykNET. Willie, skrywer en regisseur van onder meer Orkney snork nie en Vetkoekpaleis, is aan die stuur van sake en speel self vir ou Wors. Lizz Meiring is Molly en Gerhard Odendaal en Carien Botha speel Vaatjie en Blapsie.

Molly & Wors begin 30 April om 20:30 op kykNET.