Het jy gehoor?

High School Musical-ster se nuwe haarstyl

Sy moes vir ’n toneel in haar nuwe fliek, Gimme Shelter, haar eie hare afsny terwyl die kameras rol. “Ek is nou nog nie oor die skok daarvan nie,” vertel sy aan ontheredcarpet.com.

Sy sê ook sy mis haar hare baie en dat sy nog gewoond raak aan die nuwe kort styl. “Ek voel dit laat my oud lyk. Ek is nou eers 22 en voel soos ’n ‘sokker-ma’ met dié styl.”

In Gimme Shelter vertolk sy die rol van ’n swanger tiener wat van haar aggressiewe ma af weghardloop om haar biologiese pa te gaan soek.

Klik hier vir foto’s van haar nuwe haarstyl