FOTO Instagram / @hilaryduff

FOTO Instagram / @hilaryduff

Het jy gehoor?

Hilary Duff en haar Jason nou Instagram-official

Tot taamlik onlangs was ’n verhouding in die oë van popkultuur nie amptelik voordat jy dit op Facebook verklaar het nie. Deesdae “moet” jy jou liefde op Instagram wys om vir die wêreld te sê: Ons is nou saam. 

En dís presies wat Hilary Duff die naweek gedoen het. Sy het op Instagram gesê sy en haar persoonlike afrigter, Jason Walsh, is ’n paartjie. Daar is al lank gerugte oor hul verhouding, maar nóú is hulle sogenaamd Instagram-official.

Die 29-jarige sangeres en aktrise het by dié foto geskryf “Afspraak met J” en ’n hartjie-emoji bygesit.

Date night with J

A photo posted by Hilary Duff (@hilaryduff) on

Dis Hilary se eerste openbare verhouding sedert haar egskeiding in 2014 van die hokkiespeler Mike Comrie. Dié paartjie het ’n 4-jarige seun, Luca. In die foto hieronder is Mike, sy broer Ty (ook ’n hokkiespeler), Hilary en Luca.

#familyfirst #mauivibes Mikey me luc and @tycomrie A photo posted by Hilary Duff (@hilaryduff) on

Wie is Hilary?

Jy ken haar as die Disney-kinderster wat veral bekend is vir die titelrol in die gewilde reeks Lizzie McGuire (2001–2004). Sy het ook in ’n paar flieks soos Cheaper by the Dozen gespeel, ’n New York Times-topverkoper geskryf en het al 5 albums uitgereik.

Ook saam

Goeie nuus as jy ’n romantikus is!

Die gewilde “All About That Bass”-sangeres Meghan Trainor en nóg ’n voormalige kinderster is ook nou Instagram-official. Meghan en Daryl Sabara van Spy Kids-faam het ook besluit om hul verhouding op Instagram aan te kondig.

I Madrid ..and this guy

A photo posted by Meghan Trainor (@meghan_trainor) on

Die voormalige kinderster, maar lankal nie meer onskuldig nie, Miley Cyrus, en haar af-en-aan-kêrel-soms-verloofde, Liam Hemsworth, het ook vir die eerste keer in drie jaar saam by ’n geleentheid verskyn.

Kyk na dié video hieronder

Lees nou

Geskei maar ek’s oukei

Jare saam, trou – en dan skei ons

Hilary Duff skei ná 3 jaar – dís die rede

x
LEES NÓG FOTO Instagram / @juestinbieber Justin Bieber storm van verhoog af!

Dis nie Justin Bieber se jaar nie, nog minder dié van sy aanhangers, oftewel die Beliebers. Eers het hy besluit om nie meer foto’s saam met hulle te neem nie, toe het hy sy Instagram verwyder en nóú het hy …

Nuut in ons winkel
X

Kry jou
SARIE.com-nuus direk


Bly op hoogte van al die inligting wat jóú raak. Ons deel die belangrikste nuus, stories uit die celeb-wêreld, die weer in jou area, lekker en vinnige resepte, nuwe mode- en skoonheidstrends en nuttige wenke om jou lewe makliker te maak - direk per e-pos.

Ons gesels ook oor nuwe musiek, konserte en winkels wat afslag bied.

Die SARIE.com-nuusbriewe gee jou 'n kykie na die SARIE-wêreld wat ook jóú wêreld is. Kies watter jy wil ontvang: