Hilary Duff en Mike Comrie in gelukkiger tye
FOTO: Instagram @hilaryduff

Hilary Duff en Mike Comrie in gelukkiger tye FOTO: Instagram @hilaryduff

Het jy gehoor?

Hilary Duff skei ná 3 jaar – dís die rede

Die 27-jarige aktrise Hilary Duff skei nou amptelik van die voormalige professionele yshokkie-speler Mike Comrie ná hul vir ’n jaar vervreem was. 

Die kinderster Hilary Duff en Mike Comrie het in 2010 getrou, maar was die afgelope jaar vervreem. Alhoewel Hilary dié verhouding wou versoen – veral vir hul seun, Luca, se onthalwe – het sy nou eerder besluit om die huwelik te eindig. Dít glo nadat Mike openlik vir ’n kelnerin geld in ruil vir seks aangebied het, berig Daily Mail.

Hilary het tydens ’n onderhoud met die Amerikaanse Cosmopolitan vertel dat sy dalk te vroeg getrou het: “Ek en Mike was baie verlief toe ons ontmoet het. Ons wou albei baie graag trou. Om daardie besluit op ’n jong ouderdom te maak het vir my sin gemaak. Dalk was dit nie, maar ons was die meeste van die tyd werklik gelukkig.”

Die 27-jarige se idee van die huwelik het ná die verbrokkeling van haar eie verhouding verander: “Ek wil nie bitter klink nie, want ek is nie, maar ek weet nie of mense bedoel is om vir ewig bymekaar te bly nie. Dinge gebeur tydens ’n lang verhouding, dinge waarteen jy nie altyd kan baklei nie.”

#modernfamily #vacation #juicypear A photo posted by Hilary Duff (@hilaryduff) on

Bronne: Daily Mail, Yahoo! Celebrity en Cosmopolitan 

Lees ook