FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

Hildegardt Whites en die orrelis van Leliefontein

In Hilde se hartsklanke volg ons vir Hildegardt Whites terwyl sy haar eerste album opneem. Sy besoek 13 dorpies langs die Weskus en in die Noord-Kaap waar haar wortels lê en vind plaaslike musikante om haar te help om haar hartsklanke in 30 dae op te neem.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Hierdie week is Hilde en die span op Kamieskroon, waar sy ’n vioolspeler soek vir die ou viool wat sy op Garies gevind het. Wanneer die viool nie werk nie, moet sy en die span met ’n ander plan vorendag kom en hulle eindig op Leliefontein.

Hier ontmoet sy interessante mense, soos ouma Hanna Claasen (foto hieronder) wat haar leer askoek maak.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

“Hier in die soms vergete plek tussen die soms vergete mense het ek my hart kom vind.”

- Hilde oor Leliefontein

Hilde wou aanvanklik die viool gebruik het vir die liedjie “Ek sien ’n nuwe hemel kom”, maar die stukkende viool beteken Hilde en haar span moes vinnig ’n ander plan maak. Sy gaan klop toe by Ivan Roberts (foto hieronder), orrelis van Leliefontein se Metodistekerk, aan om haar te help.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

“Ons kom hier aan en toe hoor ek die orrel en ek is so opgewonde. Dit is presies wat ek wou gehad het vir die liedjie. Hierdie liedjie is so mooi!”

Om die volle musiekvideo te sien en vir Ivan Roberts beter te leer ken, gaan na Afrikaans.com.

Nuwe episodes van Hilde se hartsklanke wys elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv- kanaal 147) en herhaal dan weer Saterdagaande om 19:00 en Sondagoggende om 07:00.

Lees meer oor Hildegardt in SARIE se Februarie-uitgawe nou te koop!

FEB 2017

Lees nou

Hildegardt Whites ontmoet die stroopsoet stemme van Vanrhynsdorp

Hildegardt Whites en Vredendal se plaaslike blikslaner

MUSIEKVIDEO: Hildegardt Whites ontmoet die nagtegaal van die Weskus