VIA_FB_HSH
Het jy gehoor?

MUSIEKVIDEO: Hildegardt Whites ontmoet die nagtegaal van die Weskus

Hilde se hartsklanke volg vir Hildegardt Whites soos sy haar eerste album opneem. Sy besoek 13 dorpies langs die Weskus en in die Noord-Kaap waar haar wortels lê. Daar vind sy plaaslike musikante om haar te help om haar hartsklanke in 30 dae op te neem.

Hilde se eerste stop is Vredenburg en sy maak ’n draai by die Hoërskool Vredenburg, waar sy haar skoolloopbaan voltooi het. Saam met die skoolhoof dink hulle terug aan die skoolkonsert waar Hilde ’n hoofrol in West Side Story gespeel het.

Min mense weet dit van haar, maar Hilde reken sy was eintlik ’n baie skaam kind op skool.

“Ek onthou goed die dinge wat ons voor in die klas moes doen in Afrikaans en ek onthou dít is wat my selfvertroue gegee het.”

Hilde ontmoet ook weer haar sangjuffrou. Sy meen Hilde kon nog altyd goed sing, maar sy moes haar help om bietjie uit haar dop te klim. Hilde sê sy klim steeds maklik terug in haar dop, maar dit is deel van wie sy is.

“Identiteit is ’n groot ding vir my. Jy moet te alle tye jouself wees en weet waar jy vandaan kom,” sê Hilde.

Hilde en die span gaan kuier ook op die Weskus-oesterplaas by Saldanha waar hulle lekker vars oester en mossels eet.

Die liedjie wat Hilde opneem, is saam met Glenda Meissenheimer. Dié 20-jarige sing, speel kitaar én skryf haar eie liedjies, maar min mense buite Vredenburg weet van haar. Hilde het besluit om Glenda se liedjie “Hier by jou” saam met haar op te neem.

LUISTER NA DIE LIEDJIE EN KYK DIE MUSIEKVIDEO OP AFRIKAANS.COM SE WEBTUISTE

FOTO SJ van Zyl  GRIMERING Kohl

FOTO SJ van Zyl
GRIMERING Kohl

“Ek wou nog altyd ʼn album opneem. Maar met baie spesifieke klanke, ek kan dit nie beskryf nie. Dis outentiek en organies. Klanke wat jy nie meer hoor nie. Trekklavier en mondfluitjie en kitaar wat anderste gestel word. ’n Klank wat ek onthou van my kinderjare. Klanke wat jy net daar in daai wêreld kry. Ons het gegaan na elke dorp wat vir my iets beteken het. Vryburg in die Wes-Kaap, waar ek grootgeword het. Die Sederberge en Clanwilliam se dam. Ons gesin het elke Sondagmiddag na Clanwilliam se dam toe gery. Vredendal, waar ons inkopies gaan doen het. Vanrhynsdorp, waar my familie woon”, het sy aan SARIE se sosiale redakteur Fanie Cronje gesê.

Hildegardt maak dié program saam met haar akteursvriende Diaan Lawrenson en Jody Abrahams. Jody het die regie gedoen, haar musikantman Kuba Silkiewicz was die musikale regisseur en Diaan het dit vervaardig.

Nuwe episode van Hilde se hartsklanke wys elke Woensdag om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) en herhaal dan weer Saterdagaande om 21:00 en Sondagoggende om 09:00.

Kyk die lokprent hier:

Lees nou

7de Laan se Hildegardt deel groot nuus

Gunstelinge – en binnekort ook een nuwe reeks op VIA

VIA-gunstelinge ook op ShowMax