Screen Shot 2016-09-27 at 6.01.22 AM
Het jy gehoor?

Hillary vs Donald in eerste debat

Die eerste presidensiële debat tussen Hillary Clinton en Donald Trump is pas klaar en die internet gesels behoorlik saam. Dit was die eerste van drie debatte voordat die Amerikaners stembus toe gaan.

Hieroor gons die internet (en die memes is reeds gemaak):

In die voorste ry? 

Donald Trump het voor die debat getwiet hy gaan Bill Clinton se voormalige skelmpie Gennifer Flowers nooi om in die voorste ry te sit.

Sy span het dit later ontken en haar nie amptelik na die debat genooi nie.

Donald snuif

Hillary se gesondheid was onlangs groot nuus. Maar nou is dit Donald wat snuif.

Met Donald wat 70 jaar oud is en Hillary 68, gaan gesondheid ’n rol speel in dié verkiesing. Selfs al het albei se dokters gesê hulle is gesond.

Die ref het verdwyn

Die internet voel Lester Holt wat die debat gelei het, het nie sy werk goed gedoen nie.

Twiets verdwyn nie

The Donald het glo gesê hy het nooit oor aardsverhitting getwiet nie. Maar hy behoort te weet, as dit is op die internet is, lewe dit vir ewig!

“Goeie werk, Donald!” – Donald Trump

Donald het homself op die skouer geklop vir sy aanhoudende veldtog dat president Barack Obama sy geboortesertifikaat toon om te bewys dat hy in die VSA gebore is.

Shake it off

Hillary het TayTay se raad gevolg en het Donald se kommentaar afgeskud #shoulderwiggle


Kyk na ’n gedeelte van die debat HIER.

Lees die New York Times se volledige analise oor die meer ernstige punte van die aand HIER.

En laastens … Oprah deel wysheid

Addisionele bronne: E! Online, New York Times

Wie dink jy gaan die volgende Amerikaanse president wees? Gesels saam op sosiale media