Het jy gehoor?

Hoe het Mariah Carey meer as 30 kg verloor?

Haar dieetsukses is te danke is aan ’n baie streng dieet en oefening, het sy gesê.

Ná ’n moeilike swangerskap met erge edeem (die ophoping van vloeistof) wat ook na haar bene versprei het, het sy erken sy het gedink sy sou nooit weer soos voorheen lyk nie.

Dit het lank geneem om dié watermassa te verloor. Mariah het met die Jenny Diet Plan begin en eers meestal oortollige water verloor. Sy sê om met soveel water rond te loop maak alledaagse take baie moeilik.

Sy wil die boodskap oordra dat dit nie gaan oor hoe jy lyk nie, maar oor hoe gesond jy is. Sy is ook nou die woordvoerder van die Jenny Diet Plan.

Omdat sy ’n keisersnee gehad het, kon Mariah aanvanklik nie oefen nie. Haar eetplan het omtrent 90% van die gewigverlies tot gevolg gehad. Toe sy sterker was, het sy wel ook geoefen deur met haar honde te gaan stap of draf of oefeninge in die see te doen.

[box:full:grey:both]

Mariah se raad aan ander wat wil gewig verloor:

[/box]

  • Eet gereeld, anders vertraag jy jou metabolisme.
  • Moenie jouself weeg nie, meet jou lyf aan jou klere, want jy gaan net teleurgesteld wees as die skaal nie wys wat jy wil sien nie!
  • Danielle

    Die feit dat sy al die slaap kry wat sy wil he, aangesien hulle baba oppassers het wat ook snags na die babas kyk, terwyl ma slaap help natuurlik vreeslik baie. Gits, ek sal baie gewig verloor as ek net ten minste 4 ure slaap kry per aand!

  • Lezette

    maar my mens! as jy iemand het wat jou kos vir jou voorberei, ‘n persoonlik afrigter het vir oefening, dan word jy mos soort van gedwing om by die program te hou. ‘n "Gewone" persoon, gaan baie meer sukkel, veral as jy ‘n werkende ouer ook is. en is die ou foto’tjie nie ge "photoshop" nie?

  • Catherine

    @Danielle en Lezette, hou op verskoning soek en doen iets!

  • Shelley

    Klink vir my julle is maar net bietjie jaloers!

  • Madre

    Gebeur net in die celeb woreld. Nie met ons gewone mens nie

  • trudy

    ek is nie n celeb nie,gewone tuisteskeper,was vir 3j in buiteland het gesit en niks doen nie,gestoel soos n ou seekoei,toe ek permanet terug is,het ek begin stap,ek woon in die stad,my stap het gehelp dat ek binne 2mnd 10kg verloor,ek het my aand etes begin uit sny,begin baie water drink ens….daar is geen verskoning om gewig te verloor nie.ek het met my 3de kind net 6kg op getel,omdat ek in daai tyd my self opgepas het,ek het gestap en reg ge eet.na my kind se geboorte was ek 1kg ligter ek was 55kg en het daai middag 54kg geweeg,ek praat nie nonsens nie,ek weet dis nie nodig om so gewig op te tel tuidens swangerskap nie,dis n verskoning om jou self te oor eet.

  • teresa

    @Shelley,jy is reg ek is bietjie jaloers. Wens ek kon so baie verloor het in 6maande.Pajama drill is nie maklik nie. sal liewers slaap as ek die kans kry.

  • Caroline

    Dit gaan nie oor n baba oppasser, n chef of genoeg slaap nie en ook glad nie oor n personal trainer nie. Al wat ek sê is: – Dit wat jy in jou mond prop, wys in jou lyf. As daar nie n mediese rede is vir hoe jy lyk nie, dan is dit eenvoudig jou eie skuld. Ek het self n jaar en n half gesukkel voor ek eers ordentlik gewig begin verloor het na my eerste baba. Ek het 34kg opgetel agv verkeerd eet, maar ek kan ook sê dat die oomblik wat ek beter begin eet het kon ek so vinnig die resultate sien en nee, ek het nie n chef gehad nie, nog minder n oppasser en ook nie n personal trainer nie. Ek is n enkel ma wat werk van 8-5, ver ente ry om my kind op en af te laai en ek het ook nie n huis hulp nie. Waar daar n wil is, is daar n weg!!!!

  • Wally

    Ek wonder hoeveel liters melk hou haar silikoon melkkanne?

  • Elmarie Kemp

    Jenny Craig program is ONGELOOFLIK, jy voel nooit "deprived" nie, want sjokoladekoek, pizza, pasta is ingesluit in die program, die wonderlikste is natuurlik dat jy die kos koop en as jy honger saans tuis kom eet jy binne 2 minute! Dit is MAKLIK en leer dat porsiegroottes tel! jy kan alles eet, maar matigheid!