kate_2
Het jy gehoor?

Hoe gaan Kate lyk op haar troudag?

Die hele wêreld gons hieroor en al die internasionale top-ontwerpers het reeds aan die werk gespring, net vir ingeval hulle dalk genader word. Hulle maak voorspellings en gee raad. Dis mos elke ontwerper se droom om ’n rok vir ’n koninklike troue te maak. En daar word reeds na dié rok verwys as die rok van die eeu!

Ontwerpers vermoed dat Kate se rok beslis kant sal hê en dat sy bedek sal wees soos dit ’n koninklike betaam, maar in ’n moderne styl. Kate is ’n klassieke – maar hoogs moderne – dame en so sal haar rok ook wees. Tydloos, statig, weelderig, maar subtiel.

Ontwerpers berig ook dat sy die perfekte lyf het om mee te werk. Sy is lank, lenig en het natuurlike kurwes op al die regte plekke. En al dra sy Diana se ring, reken hulle haar rok sal iets heel anders as Diana s’n wees. Elizabeth Emanuel, wat destyds Diana se rok ontwerp het, sê sy sal baie geëerd voel as Kate haar sou vra, maar sy besef ook Diana en Kate se smaak verskil en hulle lewe in verskillende eras (bron: people.com).

Maar dis nie waar die gissings stop nie! Senior koninklike bronne het bevestig dat Kate en William se eerste keuse vir ’n troudatum einde April is. En die datum is sopas aangekondig as Vrydag, 29 April 2011! Dit  beteken dat die paartjie in dieselfde maand as wat prins Charles en Camilla getrou het, die knoop sal deur haak.

Wie weet wat die dag als sal inhou? Maar een ding is seker: hier kom een groot koninklike feesviering!

Hier’s die voorgestelde sketse

  • lszndmaucp

    sdfVVO ulwjxumcjkjg, [url=http://ryzkwgtaqzlr.com/]ryzkwgtaqzlr[/url], [link=http://ggbmgavjxszm.com/]ggbmgavjxszm[/link], http://nitjpkqvlaus.com/