Het jy gehoor?

Hoe lyk ‘n supermodel se Kersfees?

Hoe lyk jou Desember-vakansie?
Ons gesin kamp al 
14 jaar om Kerstyd op Hartenbos, in ’n woonwa en ’n tent wat my pa gedurig opknap. Dis só lekker! Die mense wat ek oorsee leer ken het, kan glad nie verstaan hoe ons Desember langs die see kan deurbring nie… Oukersaand sing ons saam met ander vakansiegangers Kersliedere by kerslig in die amfiteater. Ek is mal daaroor!

En Kersdag?
My oupa bly op Heidelberg en gewoonlik kom die hele familie daar bymekaar. Ons gaan kerk toe, en daarna eet ons lekker saam.

En die geskenke?
Ons gee vir mekaar op Kersdag klein geskenkies. Almal bly ver, en die feit dat ons saam is, beteken meer 
as enige geskenk.

  • Elizabeth

    Dis hoe kersfees moet wees! ‘n Heerlike gesinsdag sonder fieterjasies! O, en veral sonder KAKOEN en WARM poedings en EUROPESE goete!!

  • Elizabeth

    Oeps… ek het bedoel KALkoen!! Lelike ou ding wat hy is – hoe kan mense dit eet??