Het jy gehoor?

Hoed-ontwerper Albertus Swanepoel vir GAP

“Hoede is soos sonbrille. Dit lei tegelykertyd die aandag af én trek aandag,” sê Albertus. 

Albertus het ná 7 jaar as eienaar van die suksesvolle Quartas Manna-etiket New York toe getrek. Daar het hy al met groot modename soos Alexander Wang, Marc Jacobs, Carolina Herrera, Tommy Hilfiger en Proenza Schouler saamgewerk. Hy was ‘n student van Janine Galimard, wat in die 50’s en 60’s vir die ontwerper Balenciaga in Parys gewerk het.