FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Hoekom het Brad ‘n kierie?

Dié 48-jarige Hollywood-ster het ‘n ligament in sy knie beseer. Hy het vir joernaliste vertel dat hy sy drie-jarige dogtertjie, Vivienne, op ‘n ski-helling gedra het toe hy gly. “Dit was óf sy óf ek.”

Brad het nietemin nie toegelaat dat sy besering meebring dat hy sy aanhangers teleurstel nie. Hy het al langs die rooi tapyt geselsies aangeknoop en handtekeninge uitgedeel sonder enige tekens van pyn.

Hy is ook dié aand met die Desert Palm Achievement Award vir sy werk in flieks soos Moneyball en Tree of Life bekroon.

En natuurlik was sy pragtige lewensmaat, Angelina Jolie, aan sy sy, dié keer in ‘n Elie Saab-halternekrok in ‘n sagte pienk.

Brad is ook vir sy rol in Moneyball vir ‘n Golden Globe-toekenning as beste akteur benoem. Die 69ste Golden Globes word Sondag 15 Januarie 2012 gehou.

* Die volledige lys kategorieë en benoemings vir die 2012 Golden Globe-toekennings.

  • Lynette

    Brad on a stick…. lol (Jeff Dunham)

  • Elize

    snaaks niemand sal agterkom hoe hoog Brad se hakke is om langer te lyk, hy is eintlik n kort mannetjie