Harry
Het jy gehoor?

Hoekom het prins Harry nog nie vir prinses Charlotte ontmoet nie?

HELLO! berig dat prins Harry uiteindelik terug in die Verenigde Koninkryk is, maar dat hy steeds nie vir prinses Charlotte ontmoet het nie. 

Die koninklike pienkvoet, wat byna drie weke gelede gebore is, het haar verskyning gemaak terwyl Harry ’n maand lank verpligtinge in die Australiese weermag moes nakom.

Die enkellopende rooikop is gister by die Chelsea-blommeskou in Londen afgeneem waar Matt Keightley ’n Afrika-geïnspireerde tuin vir Harry se liefdadigheidsprojek Sentebale geskep het. “Ek besef dat baie mense nog nie in Afrika was nie, veral nie in Lesotho nie. Dit is ons manier om ’n bietjie van Lesotho na Chelsea toe te bring,” het Harry verduidelik.

Toe Harry gevra is oor sy ontmoeting met prinses Charlotte, het hy gesê: “Ons sal wag en kyk. Dit het nog nie gebeur nie. Ek het eers gistermiddag teruggekom. Dit sal gebeur sodra ek ’n tydjie het.”

Bron: HELLO!

Lees ook