FOTO: Taylor Swift op die voorblad van New York Magazine

FOTO: Taylor Swift op die voorblad van New York Magazine

Het jy gehoor?

Hoekom het Taylor Swift ’n aanhanger gebel?

Taylor Swift het ’n 12-jarige aanhanger wat aan kanker ly gebel en sodoende een van die meisie se wense bewaarheid, berig People.

Emily Beazley kry baie ondersteuning in haar gemeenskap. Daar is onder meer ’n straat na haar vernoem en sy is ’n erelid van Chicago se polisiemag. Maar niks kan vergelyk word met die verrassende oproep wat sy van die 25-jarige “Shake It Off”-sangeres gekry het nie.

Dokters het verlede week vir haar familie gesê dat hulle niks meer vir Emily kan doen nie. Maar Taylor se oproep het haar opgebeur: “Ek het baie lanklaas ’n glimlag op my dogter se gesig gesien,” het Emily se ma, Nadia, na aan trane gesê.

Dis danksy sosiale media dat Emily se vriende en familie Taylor se aandag getrek het.

Taylor het vroeër dié maand bekend gemaak dat haar ma, Andrea, ook met kanker gediagnoseer is.

Bron: People

Lees ook