kristen_stewart_krukkelr
Het jy gehoor?

Hoekom is Kristen Stewart op krukke?

‘n Ou besering op stel van Snow White and The Huntsman wat weer opgevlam het? Blykbaar nie. Na bewering het Kristen Stewart (22) in glas getrap en kon sy nie sonder die hulp van krukke op haar eie stap nie.

Dit het haar steeds nie gekeer om stylvol in ‘n interessante en delikate Reem Acra-rok op die rooi tapyt vir foto’s te poseer nie. Sy’t ook later in die aand op die verhoog gehinkepink om saam met Harry Potter-ster, Daniel Radcliffe, ‘n toekenning uit te deel.