FOTO: Getty Images/ Gallo Images

FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

Hoekom is prins Harry in ’n rolstoel?

Prins Harry was nie onlangs in ’n ongeluk nie, so hoekom is hy in ’n rolstoel afgeneem? Hello! berig dat dié koninklike saam met beseerde Australiese weermagpersoneel rolstoel-rugby gespeel het. 

Die 30-jarige het ’n slag met mense. Hy het pret gehad met lede van die Soldier Recovery Centre én het goed oor die weg gekom met die plaaslike kinders.

Kaptein Harry Wales, soos hy in die gewapende magte bekend staan, is halfpad deur sy maandlange plasing by die Australiese weermag. Weens dié verbintenis is dit heel moontlik dat hy die geboorte van William en Kate se tweede baba sal mis.

Volgende op Harry se besige agenda is Perth, Sydney en dan ’n week in Nieu-Seeland. 

Bron: Hello!

Lees ook