jennifer_aniston_harpers_bazaar_september_cover
Het jy gehoor?

Hoekom sal jy nie Jennifer Aniston se gesig op Britse Vogue sien nie…

Jennifer Aniston is ‘n tipiese ‘Helen van Troje’ vir tydskrifte – haar gesig op die voorblad verkoop duisende eksemplare. Maar die redakteur van Britse Vogue, Alexandra Shulman, weier volstrek om Jennifer Aniston op die voorblad van dié gesaghebbende tydskrif te plaas omdat sy aandring om die voorblad én elke woord in haar voorblad-artikel goed te keur.

Shulman stem eenvoudig nie hiermee saam nie. Volgens haar het bekendes soos Aniston heeltemal te veel mag. ‘n Waaghalsige besluit? Jennifer het verlede jaar gesorg vir rekord verkope vir Marie Claire asook ‘n styging van 22% in verkope vir Harper’s Bazaar in 2010.

Wat dink jy?

  • Ekke

    Mens kan haar ook nie kwalik neem nie as jy net dink aan hoeveel keer die beroemdes se woorde verdraai word en hoeveel vals berigte versprei word ter wille van sensasie

  • Karen

    Ek sou net soos Jennifer gevoel het – dis immers HAAR gesig en die artikel gaan oor haar. Hulle gebruik haar naam en bekendheid om hulle tydskrif te verkoop, so dis niks minder as reg dat sy ook iewers ‘n sê daarin het nie. En nee, die feit dat hulle haar betaal vir die foto/artikel/albei maak nie ‘n dooie duit verskil aan die saak nie. :)

  • muriel

    Daar is baie mooier meisies as Jennifer, hoekom oor haar worry

  • Friends

    Dit is glad nie ‘n vreemde versoek nie. Anders skryf hulle nou weer ‘n klomp snert of afbrekende kommentaar. Nee wat! Jennifer, jy het hulle nie nodig nie!

  • Jo

    Natuurlik moet sy die artikel wat oor haar geplaas word onder oe kry! te veel "Feite" word oor bekendes gepubliseer wat nie altyd die volle waarheid is nie, maar meer sensasie as iets anders. Jen is lieflik en ek dink Vogue maak ‘n fout!

  • Belinda van der Merwe

    Ek stem saam met Jennifer. As ek beroemd was sou ek dieselfde gedoen het. Daar is te veel fotos in tydskrifte wat soveel gedokter is dat die persoon heel anders lyk. (Toegegee, sy is seker bang dis nie genoeg gedokter nie!) En tydskrifte is geneig om artkels en stories te verdraai om dit meer sensasioneel te laat klink om sodoende verkope op te stoot.

  • Tony

    Dis nou vir jou ‘n ding

  • Lizelle de Bruin

    Dis haar gesig en haar naam en ‘n artikel oor haar. Ek sou dink dit is reg dat sy inspraak het want joernaliste gebruik woorde selektief soos dit hulle pas om persepsies te skep.

  • Benita Rodrigues

    Alexandra Shulman waag definitief ´n groot kans~~Ek dink sy plaas haar persoonlike opinie vóór besigheid. Alle aktrises het vreemde eise~~Jennifer Aniston is ´n pragtige vrou en ´n mens hoor nie slegte publisiteit omtrent haar persoonlike lewe nie (ék het nog nie~~miskien weet Me Shulman van iets?). Sy is die moeite werd om op enige voorblad te verskyn.

  • carjan

    As ‘n mense so lyk ,kan jy baie na aan vra en doen wat jy wil – finish en klaar !

  • Mike

    Ek is mal oor haar en sy is beeld skoon, gin wonder hul verkope styg

  • Chris

    Jennifer is reg. Sy is die produk en as eienaar van die produk beskerm sy die produk met versigtigheid. Ander maak geld daaruit en sy verseker dat die produk nie skade lei nie.

  • butch

    as mens so lyk , mag jy maar reels maak

  • Lyn

    Ek stem saam met Jennifer. Daar word oor haar geskryf en sy kan sekerlik bevestig dat wat oor haar geskryf is, die waarheid is. Daar is genoeg ander tydskrifte, Jen het nie die Britse Vogue nodig nie.

  • Tiny Adams

    Sy is stunning die mooiste vrou ooit – net n klom ou suur knolle wat kla of moet ek sê die ou Engelse suur pruime soos hul koningin n regte ou vrot pruim

  • Ute Jordaan

    Sy is pragtig. Ek sou darem ook wou sien watter foto van my geplaas word en wat oor my geskryf word.

  • Carina

    Ek stem ten volle met haar saam. Ek sal ook nie toelaat dat iemand ‘n artikel van my skryf sonder dat ek dit eers proeflees nie. Dit gee hulle dan die reg om te skryf wat hulle wil ek en moet maar daarmee saamleef??! Nog nooit! Ek dink geensins dis te veel gevra dat sy alles eers goedkeur nie, dis net regverdig en ordentlike maniere.

  • Mike

    Stem saam, Wie is sy haar "skoonheid is aangeplak en vergaan oor die jare maar die tydskrif bly voort.
    Sy behoort die tydskrif te betaal want dit is die pers en rolprente wat hulle beroemd maak en nie anders om nie.
    Ek twyfel ook of sy die nodige kwalifikasies het om daarop aan te dring om die voorblad en artikel goed te keur

  • Annelie

    Ek stem saam met Jennifer. Hoekom wil hulle haar nie die geleentheid gee om seker te maak dis net die waarheid nie? Hulle dalk lus vir skinder-stories opmaak?

  • Natasja

    Hoekom is sy nou weer beroemd? Ek het haar baie lanklaas in ‘n fliek gesien wat opslae maak.

  • Jo

    Ek haal my hoed af vir sexy Jennifer wat haar voorwaardes stel en nie – soos baie ander – agter Voque aan hoef te kruip vir publisiteit nie! Sy’s ‘n vrou na my hart!

  • Sandra

    Nee werklik! Verkope of nie, mens is nie so inkennig nie…

  • vs vector

    Die speler is nooit groter as die spel nie

  • Karin

    Dis haar reg. Almal weet hoe maklik word feite verdraai.

  • James

    Al wat ek kan byvoeg, is dat Brad Pitt die domste ou in die heelal is!!

  • Sonmarie

    Natuurlik moet sy insae he oor watter woorde oor / langs haar foto geplaas word. Geen mens wil tog geassosieer word met ‘n artikels se hoofskrifte wat dalk nie vleiend is nie. Was daar nie onlangs ‘n geval waar ‘n seksuele opskrifte langs die foto van ‘n gewilde tiener geplaas wat nie? Almal het baie daaroor te se gehad. Geen wonder Jennifer wil seker maak wat langs haar foto geplaas word nie. Dit getuig van goeie klas en dat sy kan dit bekostig om kieskeurig te wees. Haar beeld is immers baie goed.

  • Jakes

    Is oor sy ‘n gevreet soos ‘n perd het en bene soos ‘n donkie. Nou wil sy he die tydskrif moet ‘n wonderwerk doen en haar soos ‘n engel laat lyk en klink. Onmoontlik. Dis hoekom Brad sy Pitt gevat en geloop het!!!!!!!