Diana
Het jy gehoor?

Hoekom William en Kate NIE hul baba ‘Diana’ sal noem nie

Indien William en Kate se tweede baba ’n dogtertjie is, wat sal hulle haar noem? Die meeste wedders se geld is op die naam “Alice“, en kenners meen dit sal nie “Diana” wees nie, berig E!Online

Volgens CNN se koninklike kommentator, Victoria Arbiter, hoef die ongebore baba nie na ’n koninklike vernoem te word nie. Sy het ook verduidelik hoekom die hertog en hertogin van Cambridge nie hul pienkvoet Diana sal doop nie:

“Eerstens eer William gewoonlik eerder sy ma op private en persoonlike maniere. Tweedens sal hulle dit moontlik uit respek vir die koninklike familie vermy, asook oor al die media-aandag wat dit sal veroorsaak. En derdens het die naam Diana vir die publiek positiewe sowel as negatiewe konnotasies. Om ’n kind met dié kwessies te bemoei is nie regverdig nie. Hy [William] sal dit nie doen nie.”

william kate george

Indien prins George se ouers nog ’n bulletjie verwelkom, is Victoria se geld op die naam Arthur.

Kate het voorheen bekend gemaak dat sy in middel of laat April sal kraam. Heelwat wedders glo dit sal die naweek van die 25ste en 26ste April gebeur.

Bron: E!Online

Lees ook