Het jy gehoor?

Hoeveel weeg die sterre?

Hulle is konstant onder die mikroskoop – ’n bietjie ekstra gewig ná Kersfees en die swangerskap-gerugte vlieg. Maar hoeveel weeg die sterre werklik?

Die Britse skoonheidsmaatskappy Superdrug het onlangs in ’n opname besef die meeste Britse vroue is ontevrede met hul gewig. Om die gesprek oor gewig aan die gang te sit, het hulle van die bekendste sterre se gewig geskat.

Is jy ’n Kate Middleton of ’n Adele? Dalk ’n Beyoncé? Superdrug se skaal sê vir jou.

Superdrug skaal

Die idee daaragter is om te kan sê jou gewig lê tussen dié van Beyoncé en Rihanna – en nie skaam te wees daaroor nie. Superdrug se opname het bevestig dat 40% van Britse vroue nooit vir hul familie en vriende sal sê hoeveel hulle weeg nie, en 12% weier selfs om vir hul dokters te sê!

Maar dié skaal het baie kritiek ontlok. Van die sterre het gevra dat hulle nie by die veldtog wil betrokke wees nie. Daily Mail het met ’n voedingkundige gepraat, en sy waarsku dat dit ongesond is om jou gewig met enigiemand anders s’n te vergelyk – al is dit jou suster s’n. Dis nog meer ongesond om jouself met ’n celeb te vergelyk, want dit is deel van hul werk om altyd op hul beste te lyk.

DIe koerant The Independent berig ook dat die hoof van die Britse eetsteurnis-bewustheidsgroep Beat, Susan Ringwood, baie ontevrede is met dié skaal. Volgens haar vuur dié skaal ’n ongesonde obsessie aan.

Maar as jy steeds nuuskierig is hoeveel die bekendes weeg, hier is Superdrug se skatting:

(blaai deur die galery)

Cheryl Cole - 51 kg

FOTO: Instagram

Kate Middleton - 54 kg

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Ellie Goulding - 57 kg

FOTO: Instagram

Beyoncé - 59 kg

FOTO: Instagram

Rihanna - 60 kg

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Christina Hendricks - 69 kg

Khloe Kardashian - 76 kg

Adele - 89 kg

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Queen Latifa - 89 kg

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Melissa McCarthy - 114 kg

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bron: Daily Mail

HET JY AL ONS INSPIRERENDE BLOGGER HELENE HORAK SE DIEET-BLOG GELEES? SY HET OP ’N GESONDE MANIER 70 KG VERLOOR. LEES DIT HIER.