Jennifer Aniston FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Hollywood-blondine Jennifer Aniston word brunet

Eers het sy haar lang hare in ’n bob gesny en nou is Jennifer Aniston ’n brunet! Dié aktrise het haar ligte kop verruil vir ’n diep en warm skakering van bruin.

Die bob is die seisoen se grootste haarstyl – kies een wat by jóú pas

Jennifer se haarkapper, Chris McMillan, het ’n foto van haar nuwe haarkleur op Instagram gedeel en verduidelik dat sy haar kenmerkende heuningkleur en blonde strepies laat vaar het vir haar rol in die fliek Cake.

Wolf of Wall Street se Margot Robbie word brunet vir nuwe rol

Jen, wat ook besig is om haar en verloofde Justin Theroux se troue te beplan, speel in Cake die rol van Claire Simmons, ’n ma in rou wat boonop met chroniese pyn moet saamleef ná ’n noodlottige motorongeluk. Dan vind Claire inspirasie op ’n ongewone plek …

Jen het gewig aangesit – dís waarom

Anna Kendrick (Pitch Perfect, Up in the Air), Chris Messina (The Mindy Project, Argo), William H Macy (Shameless, Jurassic Park III) en Meryl Streep se dogter Mamie Gummer (The Good Wife, Emily Owens M.D.) is ook in dié fliek.

Ons hou baie van die bruin, wat Jen sag en warm laat lyk. Wat dink jy daarvan? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad.