stokperdjies
Het jy gehoor?

Hollywood-celebs se vreemde stokperdjies

Mila Kunis

Sy mag dalk die perfekte meisie vir ‘n man wees – nie net is sy aangewys as FHM se sexyste vrou ter wêreld nie, sy is mal oor videospeletjies soos ‘World of Warcraft’. Sy is ook ‘n groot aanhanger van Star Trek. Ons wonder of sy en haar huidige kêrel, Ashton Kutcher, teen mekaar videospeletjies speel?

Mila Kunis

Ben Stiller

Dié komediant is ‘n baie groot aanhanger van Star Trek!

Angelina Jolie

Ons weet Angelina het ‘n donker kant en haar versameling dolke bevestig dít. Sy versamel dit al sedert haar tienerjare!

Angelina Jolie

Rod Stewart

Die rock-ster se vrou Penny Lancaster het hierdie stokperdjie al bevestig: Rod is mal oor speelgoedtreine. Wanneer hy op toer is vra hy dat ‘n tafel met sy treine agter die verhoog opgestel kan word. Raar, maar waar!

Johnny Depp

Johnny versamel glo poppe van bekendes en versier dit met items wat hul situasie voorstel. Hy het blykbaar ‘n Lindsay Lohan-pop waaraan hy ‘n enkel-monitor gesit het terwyl sy onder huisarres was. Ander poppe sluit in Elvis, Johnny Cash en Beyoncé. Hierdie stokperdjie is self vir dié eksentrieke ster bisar!

Johnny Depp

 Tom Cruise

Tom het ‘n kamer in sy huis waarin hy sy skermkuns kan oefen.

Tom Cruise

Katie Holmes

Katie geniet handwerk soos naaldwerk! Haar eks-man Tom (bo) het vir haar ‘n naaimasjien gekoop. En sy geniet dit om saam met haar dogter, Suri, te werk!

Katie Holmes

Simon Cowell

Dié kwaai Idols-beoordelaar is dol op tekenprente en om boom te klim! Tekenprente soos The Flintstones en The Jetsons plaas hom in ‘n goeie bui – dalk moet hy ‘n bietjie meer animasie kyk!   

Susan Sarandon

Susan is mal oor tafeltennis! Sy besit selfs ‘n paar tafeltennis sosiale klubs. Die SPiN-klubs is in Los Angeles, New York, Toronto en Milwaukee. Sy speel ook in die film Ping Pong Summer wat later vanjaar vrygestel word.

Susan Sarandon

Leonardo DiCaprio

Anders as Johnny Depp, versamel Leo nie poppe nie, maar beeldjies. Sy gunstelinge sluit in Star Wars-beeldjies en ‘n He-Man-beeldjie van 1982.

Leonardo DiCaprio