FOTO Facebook

FOTO Facebook

Het jy gehoor?

Hollywood gaan La La oor Emma en Ryan

Dís veral wat ou Hollywood sy sjarme gegee het: Gene Kelly wat die water skop soos hy “Singin’ in the Rain” sing, Judy Garland wat “Get Happy” in ’n mansbaadjie en sykouse sing, en Fred Astaire se danspassies. Nou is die sjarme van die musiekblyspel terug en Hollywood gaan La La.

In die rolprent La La Land dans en sing Emma Stone en Ryan Gosling. Die 31-jarige Damien Chazelle is die regisseur en die twee sterre speel minnaars wat albei droom van sukses in die vermaaklikheidsbedryf. Die afgelope week het dié rolprent by die 73ste Venesiese Filmfees in Italië geopen. En kritici het dit al wyd geprys, veral Emma se spel is uitgesonder. En op die resensie-webtuiste Rotten Tomatoes het dit reeds 100% gekry!

Lees Time se resensie tydens dié filmfees hier.

Kyk net hoe sing Emma en Ryan in die nuutste lokprent:

Lees nou

Die een naelkleur wat by álles pas?

31 jaar sedert Titanic gevind is

Refentse se goeie nuus!